<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Volgens die Vredesverdrag van Versailles moes Duitsland baie grondgebied prysgee, al sy kolonies en nog meer. Duitsland moes ontwapen en enorme skadevergoeding betaal. Die voorwaardes wat uiteengesit is deur die Ameri­kaanse president, Woodrow Wilson, is in die "Veertien Punte" vervat. Vir Oostenryk-Hongarye en Turkye is afsonderlike verdrae deur die Geallieerdes opgestel. Die vernederende bepalings van hierdie verdrag het die nasiona-listiese gevoel onder die Duitsers laat opvlam, sodat hulle gereed was om Hitler te steun in sy voorneme om die "boeie van Versailles" van Duitsland af te werp.

Opdrag:

  • BESTUDEER BRON I EN STEL DAN JOU EIE KONTRAK OP.

BRON A: VERDRAG/ KONTRAK

’n Kontrak is ’n ooreenkoms tussen twee partye om iets vir mekaar te doen of gee.

Bv. James maak sy eie bed op, sny die gras en droog die skottelgoed af. In ruil gee sy ma vir hom weeklikse sakgeld..

Dus lewer James ’n diens en sy ma vergoed hom daarvoor. Dit is hulle kontrak

Ooreenstemming:

Die belangrikste deel van ’n kontrak is ooreenstemming (konsensus). Sonder ooreenstemming is daar nie ’n kontrak nie. As die een party die ander dwing om iets te doen of gee, stem die twee partye nie saam nie en is daar dus geen kontrak nie ─ soos as James nie die gras wil sny nie, maar sy ma dwing hom; of as die een party die ander om die bos lei sodat hy ’n ooreenkoms aangaan (wat hy nie sou doen as hy die volle waarheid geweet het nie). Dan kan ons ook nie praat van ‘n eerlike kontrak nie.

Die partye moet dus saamstem en seker wees oor wat die kontrak sê hulle moet doen , kry en/of gee . Anders is dit nie ’n kontrak nie. James se ma kan bv. nie ná die tyd sê dat hy die huis ook moet stofsuig vir dieselfde hoeveelheid sakgeld nie, want dit was nie deel van hulle ooreenkoms of kontrak nie. James moet eers instem; dan word dit deel van die kontrak.

Kontrakbreuk:

As een party weier om te doen of gee wat hy gesê het hy sou, dan mag die ander partye skadevergoeding eis. Dit is soos ’n troosprys. Bv. as James se ma nie die sakgeld wil gee nie, mag hy daarop aandring dat sy vir hom klere van dieselfde waarde as die sakgeld gee. Wanneer sy dit gedoen het, eindig die kontrak.

(Verwerk uit: Inleiding tot die Reg , Lourens du Plessis)

LU 1.1

Assessment

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
  • die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
  • informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd];
2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg];
2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering];
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask