<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Hou die aarde skoon

Module 15

Spelling en ander oefeninge

Spelling

Lees die volgende sin hardop saam:

Dis ‘n goeie gewoonte om vullis weg te gooi.

Sê die twee klanke na mekaar: oei ooi

Kan julle die verskil hoor?

Trek die woorde dood wat nie by die klanke pas nie:

oei boei goeie soek koei roep roei feit moet
ooi dooie gooi mooi boot nooit rooi groot tooi

Skryf nou die woorde onder die klanke neer en slaan die Engelse woord vir elke woord in die woordeboek na. Leer die woorde en hulle betekenisse:

oei ooi

(a) (a)

(b) (b)

(c) (c)

(d) (d)

[LU 6.1.2]

Mondeling

Julle gaan nou in groepe van vier verdeel.

Elke groep moet inligting oor ‘n gegewe onderwerp insamel. Gebruik naslaanbronne of die rekenaar om die inligting te versamel. Indien julle skool rekenaars het en julle toegang tot die Internet het, sal dit ook ‘n groot hulp wees.

Die onderwerpe is:

  1. Watter gasse veroorsaak lugbesoedeling en waardeur word hierdie gasse afgegee?
  2. Wat is die osoonlaag en hoe word dit vernietig?
  3. Wat is aardverwarming en wat veroorsaak dit?
  4. Wat is rookmis en wat is die gevolge daarvan?

Maak nou ‘n kort dokumentêre program vir die TV. Een van julle is ‘n verslaggewer wat die ander lede van die groep ondervra oor die onderwerp.

As julle wil of kan, mag julle ‘n video-opname maak. Dit moet baie kort en eenvoudig wees. Elke groeplid moet slegs twee vrae beantwoord. Julle opvoeder sal julle help.

[LU 5.1.1; 5.1.2; 5.1.3]

Voorsetsels

Voorsetsels is klein woordjies soos in , op , onder , en aan wat sê waar dinge is.

Kyk na die prent. Kies die regte voorsetsel/s en skryf die voltooide sinne oor.

agter voor langs op met in
  1. Die vragmotor ry _ die motor.
  2. Die fiets en die motor ry _ mekaar.
  3. Die fiets en die motor ry _ die vragmotor.
  4. Die man sit _ die fiets.
  5. Die vrou sit _ die motor.
  6. Baie mense ry _ motors.

Skryf nou ook die volgende sinne met die regte voorsetsels neer:

by na aan om van vir oor in
  1. Die rookmis hang _ die stad.
  2. Hy ly _ asma omdat die lug so vuil is.
  3. Ek is kwaad _ almal wat ons stad besoedel.
  4. Wanneer ek _ die skool is, gooi ek my rommel _ die drom.
  5. Ons hou almal _ ‘n skoon stad.
  6. Die kinders luister _ die skoolhoof en gooi hulle rommel weg.
  7. Baie mense loop liewer _ rommel as om dit op te tel en in ‘n drom te gooi.

[LU 6.2.10]

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.1.4 druk gevoelens uit;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:

2.3.4 beskryf die funksie van iets (soos waarvoor ‘n alledaagse stuk gereedskap gebruik word);

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op.

LU 4

SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.1 teken en skryf byskrifte by eenvoudige kaarte:

4.1.5 gee ‘n kort, skriftelike beskrywing van ‘n persoon, voorwerp of eenvoudige proses;

4.2 skryf vir ‘n sosiale doel:

4.2.1 skryf ‘n kort boodskap;

4.3 skryf kreatief:

4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;

4.3.2 gebruik sekere tegnieke om kreatief te skryf: woorde vir ‘n bekende wysie skryf;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.

LU 5

DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:

5.1.1 verduidelik sekere konsepte wat in ander leerareas gebruik word (bv. besoedeling in Natuurwetenskap);

5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;

5.1.3 verstaan en skryf tekste wat in ander leerareas gebruik word (bv. oor besoedeling in Natuurwetenskap);

5.2 gebruik taal om te dink:

5.2.4 klassifiseer dinge volgens bepaalde kriteria (bv. rommel teenoor nie-rommel);

5.2.7 beskryf oorsaak en gevolg;

5.2.8 gee menings en redes daarvoor;

5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:

5.4.1 luister na ‘n praatjie en teken inligting in ‘n tabel op of skryf byskrifte by ‘n diagram;

5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: jaar/jare; pen; penne);

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.7 eenvoudige verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme;

6.2.8 persoonlike, besitlike en vraende voornaamwoorde;

6.2.10 alledaagse voorsetsels, byvoorbeeld om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).

Memorandum

oei ooi
(a) boei dooie
(b) goeie gooi
(c) koei mooi
(d) roei nooit
(e) rooi
(f) tooi
1.

2.

(a) ja

(b) nee

(c) nee

(d) ja

(e) ja

(f) nee

(g) ja

(h) ja

(i) ja

(j) nee

4.

(a) voor

(b) langs

(c) agter

(d) op

(e) in

(f) met

(a) oor

(b) aan

(c) vir

(d) by

(e) van

(f) na

(g) om

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask