<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Seisoene

Opvoeders afdeling

Memorandum

Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.

Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.

Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.

Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.

Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.

Tydskedule vir die Modules

Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.

Sigwoorde in verband met dae van die week word vasgelê. Weerstoestande word deur middel van ‘n weerkaart behandel.

Nuwe klanke aangeleer: ee, oo, uu, oe, ie, ou, eu, y, ui, ei. Sleutelwoorde word voorsien.

Enkelklanke word vasgelê deur middel van liggaamsbeweging.

Lees vir genot word aangemoedig deur middel van die verhaal van “Persephone”.

Sigwoorde word ook in die verhaal uitgebrei. Begrippe van fiksie en nie-fiksie word vasgelê. Luister vir inligting word aangemoedig deur middel van die beluistering van advertensies oor ‘n radio.

Sinsbou word aangemoedig.

Begripsleer word beoefen deur middel van die teken van ‘n strokiesverhaal.

Toekomende tyd word aangespreek.

Die korrekte keuse van y, ei, ui word beklemtoon.

- Hoofletters en punte word behandel.

- Logiese denke en volgorde word beoefen deur middel van die vertel van ‘n aksie wat uitgevoer is.

- Byvoeglike naamwoorde word voorgestel.

INTEGRASIE VAN TEMAS

  • ‘N GESONDE OMGEWING

Die uitwerking van die weer dra by tot die gesondheid van die omgewing. Behandel wyses waarop lugbesoedeling weerpatrone beïnvloed (Osoonlaag).

Invloed wat weer op ons keuse van kleding en kos het.

  • SOSIALE GEREGTIGHEID

Goeie maniere, hoflikheid is noodsaaklike sosiale vaardighede wat ontwikkel moet word.

Leerders leer dat probleme uitgesorteer kan word as daar onderhandeling plaasvind en mense mekaar tegemoetkom.

  • MENSEREGTE

Alle mense is geregtig op billike behandeling.

Leerders afdeling

Inhoud

Aanleer van ie; ou; eu.

  • Kleur die prentjies in:
  • Lees die woorde saam met Juffrou.
  • Kyk of jy self die woorde kan lees.
  • Geheuespeletjie:

- Knip al die prente en woorde uit.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask