<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Mev. Scholastica Kimaryo van Unicef het gister die versekering gegee dat die hand­ves ’n werklikheid sal word en “ek sal persoonlik die boodskap hier aan die Verenigde Nasies oordra.”

Die handves is opgestel uit die verslae van die onderskeie werkwinkels wat die afgelope paar dae vir die kinders gehou is. Die kinders het ten tyde hiervan hulle idees en oplossings oor onder meer op­voeding, straatkinders, gesinslewe, mis­handeling en kinderarbeid in dié hand­ves saamgevat. Die idees is oorgedra in verstaanbare mediums soos musiek, op­voerings en gedigte.

Die handves, wat vandag amptelik aan­geneem word, bestaan uit ’n voorrede en afdelings wat handel oor die oortreding van kinderregte, die basiese regte van die kind, alle vorms van geweld, die kind in gesinsverband, gesondheid en welsyn, die reg op opvoeding, kinder­arbeid en straat­kinders.

(aangepas uit Die Burger )

  • Beantwoord nou die volgende vrae in jou eie woorde en in volsinne, tensy anders gevra.

1. Haal drie woorde aan wat aandui dat die konferensiegangers waarskynlik almal saamgestem het dat net kinders alleen oor die regte en toekoms van die kind kan besluit.

2. Wat gaan gebeur met die Handves van Kinderregte wat saamgestel is?

3. Wat beteken dit as iets “aan die bopunt van die (politieke) agenda” geplaas word?

4. Waar, dink jy, gaan die kinderverteenwoordiger haar stem laat hoor?

5. Sê in jou eie woorde waaroor Caroline baie sterk voel.

6. Wat, dink jy, bedoel sy met haar verwysing na “die toekomstige straatkind"?

7. Watter aanduiding kry ons uit die inhoud van die leesstuk (buiten die naam “Internasio­na­le . . .” in par. 1) dat dit nie ’n spitsberaad vir Suid-Afrikaners alleenlik was nie?

8. Verduidelik die proses wat by die spitsberaad plaasgevind het totdat die finale verslag opgestel is.

9. Wat is ’n “voorrede”?

10. Daar word in die artikel veral na drie terreine verwys waaroor van die konferensiegangers wat in die koerant aangehaal word, baie sterk voel. Skryf slegs hierdie drie terreine neer.

11. Watter ander afdelings kom nog in die Handves voor?

AKTIWITEIT 7

Om te debatteer en saam te besin oor die regte van kinders in ’n skool

LU 2.1 LU 2.2 LU 2.3 LU 2.4 LU 2.5
LU 5.1 LU 5.2 LU 5.3 LU 5.4 LU 5.5
  • Hoewel ons nie by hierdie spitsberaad oor kinderregte kon wees nie, sit ons tog almal saam as graad 8-leerders van een skool. Elkeen het ’n bepaalde siening oor watter regte hy/sy en ander rolspelers in die skool en klaskamer het of behoort te hê.
  • Vorm groepe van ses tot sewe leerders en doen die volgende:
  • identifiseer die rolspelers in die skool wat by opvoeding betrokke is;
  • identifiseer die verskillende terreine waarin julle opgevoed word.
  • Gesels nou oor die regte wat elke rolspeler/groep rolspelers op elke terrein het en watter regte hulle behoort te hê.
  • Kyk na sake soos:
  • Het alle leerders dieselfde regte (binne julle skool)?
  • Moet alle leerders dieselfde regte hê?
  • Wat is die verskil tussen “regte” en “voorregte”?
  • Moet leerders wat nie wil saamwerk om aan ander hulle regte te gee nie, steeds dieselfde regte hê, of moet daar anders teen hulle opgetree word?
  • Hoe word daar opgetree teen oortreders van regte in julle skool?
  • Hoe kan daar opgetree word teen sulke oortreders?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask