<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Maar dit was nie sy grootte wat nou so ‘n indruk op my maats maak nie; dit was die feit dat daar êrens onder sy skaduwee sewe honderd duisend pond begrawe lê. Hoe nader hulle aan die boom kom, hoe meer neem geldgierigheid by hulle die plek in van vrees. Hulle oë skitter; hulle voete word al haastiger; hulle hele siel was in daardie skat, wat daar vir elkeen lê en wag, en wat aan elkeen ‘n lewe van losbandigheid en plesier belowe.

Silver hink steun-steun voort op sy kruk. Sy neusgate staan wyd oop, en beef; hy vloek soos ‘n rasende as daar ‘n vlieg gaan sit op sy blinkwarm gesig; hy pluk woedend aan die lyn wat my aan hom vasbind, en elke slag gee hy my ‘n kyk asof hy my wou vermoor. Hy het nie die minste moeite gedoen om sy gedagte te verberg nie, en ek het dit gelees soos ‘n ope boek. In die nabyheid van die goud het hy alles vergeet: sy belofte, en die waarskuwing van die dokter, dit alles behoort nou aan die verlede. Ek was seker daarvan dat hy hoop om die skat in hande te kry, en dan die Hispaniola op te soek, iedere man, wat nie tot sy volgelinge behoort nie, keelaf te sny, en dan weg te seil soos sy eerste plan gewees het, belaai, met misdade en goud.

Ek was so geskok deur onrus, dat ek skaars kon byhou by die vinnige draf van die goudsoeker. Nou en dan het ek dan ook gestruikel; en dan gee Silver my ‘n nuwe ruk, en kyk my met moordenaars-oë aan. Dick het ver agter geraak, en babbel nou vloeke en gebede deurmekaar, want sy koors word al hoe strawwer. Dit het my nog ellendiger laat voel, en, om die kroon op alles te sit het die gedagte aan die bloedige treurspel my vervolg, tot daardie goddelose ou seeskuimer met die blou gesig – hy wat op Savannah dood is, en tot die laaste toe nog sy ses helpers omgebring het. Hierdie bos, wat nou so rustig was , het toe seker weergalm van hulle doodskrete; en ek verbeel my dat ek dit nog hoor!

Ons was nou aan die kant van die stuk bosveld. Hoera, maats, almal saam!” skree Merry; en die voorstes begin te hardloop.

Skielik, geen tien tree verder nie, sien ons hulle bly staan. Hulle praat almal deurmekaar. Silver loop so al wat hy kan, en werk vorentoe met sy kruk soos ‘n besetene; en die volgende oomblik staan ons twee ook by die ander.

Voor ons was ‘n groot kuil, en dit was lank al gegrawe, want die kante was ingestort en op die boom groei die gras al. Hierin lê die stukkende steel van ‘n pik, en die planke van verskeie kiste lê daar rond. Op een van die planke kon ek nog die naam lees, ingebrand met ‘n warm yster, van Flint se skip, die Walrus.

Alles was so duidelik as die dag. Iemand het die bêreplek ontdek, en geplunder: die sewehonderdduisend pond was weg!

Uit: Skateiland , R.L. StevensonVertaal deur Mev. A. E. Carinus-Holtzhauzen, 1925.Hierdie uitgawe: J.L. van Schaik Bpk, Pretoria, 1957.

Opdrag 1:

Om vrae te beantwoord waar die antwoorde uit die teks afgelei kan word[

Lu 3.2]

  1. Gee ‘n beskrywing van die derde boom in die eerste paragraaf. Doen dit in keurige Afrikaans.
  2. Hoe beskryf die skrywer die goudsoekers se geldgierigheid in paragraaf 2?
  3. Hoe word Silver beskryf in die eerste sin van paragraaf 3?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask