<< Chapter < Page Chapter >> Page >

arm – ryk klein – groot: Die arm mense woon in ‘n klein huisie.

Die ryk mense woon in ‘n groot huis.

Skryf antonieme vir die skuinsgedrukte woorde:

Die geduldige man stap haastig.

Dis nie mooi om nors te wees nie.

Die ou wat nie wil werk nie, is baie lui.

Pappa sit die vleis in die vrieskas om dit te vries.

Mamma verwag van my dat ek die tafel moet afdek.

d) Homonieme is woorde wat eenders gespel en uitgespreek word, maar in betekenis verskil, byvoorbeeld leer ( sodat jy dit kan ken) en leer (iets waarmee jy hoër klim) en leer (materiaal waarvan skoene gemaak word).

Gebruik elk van die volgende woorde in twee kort sinne sodat die twee betekenisse duidelik is.

brak

jou

kan

roer

kos

hou

graaf

steel

voor

weer

e) Homofone is woorde wat dieselfde klank het, maar verskillende spellings.

Onderstreep met jou potlood die korrekte homofoon uit die twee tussen hakies in elk van die volgende sinne. Gebruik ‘n woordeboek om seker te maak.

Die (haal, hael) het die boere se vrugte baie beskadig.

Hy het nie die (moed, moet) gehad om verder weerstand te bied nie.

Die (reis, rys) deur die woestyn het ‘n week geduur.

Die siek persoon (lei, ly) aan ‘n ernstige siekte.

Die (steil, styl) waarin sy haar hare dra, is baie modern.

Ouma (brei, bry) graag.

Duitsers (brei, bry) hulle r’e.

Hy (peil, pyl) reguit op die doelpale af.

Sy sien baie netjies en (fiets, viets) daaruit.

Ek is moeg; dus (vly, vlei) ek my op die sagte gras neer.

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

2.2 interaksievaardighede en -strategieë in groepsituasies gebruik:

2.2.4 toon sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens tydens groepwerk;

2.4 gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:

2.4.1 gebruik taal met die gepaste register in minder bekende situasies.

2.2.1 neem beurte, hou by die onderwerp, stel relevante vrae, help die bespreking om te vloei en reageer met respek en empatie op ander se idees;

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes lees:

lees onafhanklik deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik:

soeklees vir spesifieke besonderhede;

3.1.1.5 maak voorspellings oor inhoud en slot;

3.1.2 voer luidlees duidelik uit en pas leesspoed volgens doel en gehoor aan.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

6.1.11 begryp dat tale woorde by mekaar leen en gebruik nuutskeppinge;

6.2 met sinne werk:

6.2.1 begryp dat sinne uit verskillende komponente bestaan (onderwerp, voorwerp, gesegde) en verstaan die funksie van elk;

6.2.3 brei sinne uit deur adjektiewe, bywoorde, byvoeglike en bywoordelike bepalings en bysinne by te voeg;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask