<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU/AS 3.1.2

Lees die berigte by 1.1 en 2.1 hardop aan ‘n groep maats voor. Lees soos ‘n nuusleser oor die radio of op televisie sal lees.

LU/AS 3.1.1
  1. Lees onderstaande berig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Lees eers die vrae en dan die teks, dan weet jy vir watter inligting om te soek.

PADGEBRUIKERS GEMAANWes-Kaapse Dodetal Styg; Oos-Kaap s’n Daal

Die gesindheid van motoriste in die Wes-Kaap moet nóú verander om ‘n “swart feestyd van padsterftes” te keer, volgens ‘n verteenwoordiger van die veldtog Kom Veilig Daar .

Na verwagting sal 25 persent van vanjaar se padslagoffers vandeesmaand op Suid-Afrika se paaie sterf. Dis voorwaar ‘n swart boodskap in wat veronderstel is om ‘n feestyd te wees. Is dit nie ‘n skrikwekkende gedagte nie? Veral as ‘n mens in ag neem dat navorsing bewys dat 50 persent van alle padslagoffers voor ‘n ongeluk sterk drank gebruik het.

Mnr. Kenny Africa het aan Die Burger gesê hy is moedeloos omdat vanjaar se feestyd-padsterftesyfer in dié provinsie by die vakansie-halfpadmerk al baie hoër as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar is, het Helen Coetzee berig.

Volgens statistieke wat Woensdag bekend gemaak is, het 70 mense van 1 tot 25 Desember op Wes-Kaapse paaie gesterf. Verlede jaar was dit 58. Die Wes-Kaapse totaal vir die feestyd was 106 padsterftes.

Die hoofoorsake van ongelukke is volgens Africa nog dieselfde: spoed, drankmisbruik, bestuurders wat nie rus nie en te kort volgafstande handhaaf.

“Dit kom neer op mense se gesindheid. Dit moet verander, anders kom daar ‘n slagting met die terugkeer van vakansiegangers.”

Africa het gesê ‘n bestuurder wat naby Vredenburg teen 240 km/h gery het, is met R1 500 beboet, een wat buite die Paarl teen 140 km/h in ‘n 70 km/h-gebied gery het, is ‘n boete van R1 000 opgelê, en een wat buite Laingsburg teen 122 km/h in ‘n 60 km/h-gebied gery het, is ‘n boete van R1 500 opgelê.

Africa sê dié boetes is “belaglik” en dien nie as afskrikmiddel nie.

Mnr. Richard Benson van Ry Veilig , ‘n nie-regeringsorganisasie wat hom vir padveiligheid beywer, het gesê die regering vorder jaarliks R16 miljard in met belasting op petrol en motorverkope, waarvan slegs R20 miljoen in verkeersverwante sake teruggeploeg word.

Volgens Benson is die regering se mikpunt van ‘n 5%-vermindering in padsterftes te laag.

Benewens spoed, speel die oormatige gebruik van alkohol ook ‘n groot rol in padongelukke. Spoed het uit die aard van die saak veral betrekking op motor- en motorfietsryers, terwyl drankmisbruik alle padgebruikers (ook voetgangers) raak.

Dit is ‘n erkende feit dat wanneer die alkoholgehalte van bloed bo ‘n sekere vlak styg, ‘n mens se reaksietyd aansienlik verswak. Dit beteken dus dat ‘n motoris met ‘n sopie of twee agter die blad, in ‘n krisissituasie net daardie breukdeel van ‘n sekonde stadiger reageer – en dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Studies het getoon dat die meeste jong bestuurders wat saans vir verkeersoortredings aangekeer word, alkohol gebruik het. Dikwels is huispartytjies die plek waar jong mense die eerste keer met alkohol kennis maak. Dit is die plig van ouers om dit wat te drinke aangebied word op tienerpartytjies, goed te kontroleer. Dit is baie belangrik dat tieners hul verantwoordelikheid en voorreg besef, want deesdae raak tieners in ‘n al hoe groter mate mobiel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask