<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 4

Dorp toe

Module 23

Ken jou dorp

Aktiwiteit 1

Om ‘n eenvoudige plan te lees [lu 3.3.1]

'N DORPSPLAN

('n Luisteraktiwiteit)

(a) Kyk mooi na die kaart van die dorp terwyl jou onderwyser vir jou voorlees hoe jy moet loop om vir hom\haar te ontmoet.

Luister versigtig en vergelyk met 'n maat om te bepaal of julle by dieselfde gebou uitgekom het.

WAAR IS JY?

Ek kon die plek kry. 

Aktiwiteit 2

Om mondelinge instruksies te gee [lu 2.3.2]

(b) VOLG MY INSTRUKSIES ('n Mondelinge aktiwiteit)

Werk nou in groepe van vier of vyf en neem beurte om vir jou maats in die groep instruksies te gee om by 'n sekere gebou uit te kom.

Maak gebruik van die dorpsplan.

Kyk of al jou maats by dieselfde plek uitgekom het.

Aktiwiteit 3

Om ‘n kort boodskap te skryf [lu 4.2.1]

BY DIE POSKANTOOR

'n Skriftelike aktiwiteit

Iemand verjaar en jou ouers stuur jou poskantoor toe om 'n telegram vir die persoon te stuur. Jy kan self kies vir wie jy 'n telegram wil stuur. Die boodskap moet kort wees, aangesien jy vir elke woord moet betaal.

Bestudeer eers die telegramvorm in julle groepe en bespreek wat julle waar gaan skryf.

Vul nou jou eie telegramvorm in en wys dit vir 'n maat om te lees. Die kontrolelys onderaan sal jou help met die invul van die telegram.

Binnelandse TelegramInland Telegram BEDRAG/ AMOUNT No.
AANTO BLOKLETTERS/ BLOCK LETTERS
VAN:FROM:
Moenie oor-gesend word nie. Not to be transmitted .
Handtekening van afsenderSignature of sender AdresAddress
Voorletters en van in bloklettersInitials and surname in block letters Telefoonnommer (as daar is) Telephone number (if any )
LW – Postal SA Bpk is nie vir verliese ween die onjuiste oorsending, vertraging of nie-aflewering van telegramme aanspreeklik nie. Onduidelike skrif kan vertraging en onjuiste oorsending veroorsaak. NB – Postal SA Ltd is not liable for losses owing to incorrect transmission, delay or non-delivery of telegrams. Indistinct writing can cause delays and incorrect transmission. Postal SA BpkRegistrasieno. Postal SA LtdRegistration nr. 208000 (Postal Print (012)72-1234-91-10 000)

Skryf die ontvanger se naam, van en adres by die ‘aan’ blokkie.

Skryf die boodskap kort en duidelik.

Skryf van wie die boodskap is (sender).

Plaas jou handtekening in die regte spasie.

Skryf jou voorletters, van, adres en telefoonnommer.

Aktiwiteit 4

Om besighede en hulle produkte te klassifiseer [lu 5.2.3]

BESIGHEDE IN ONS DORP

Woordbou

Knip die dele van die woorde op die volgende blad uit om die name van die besighede in die dorp te bou. Plak die dele in die spasies by die ooreenstemmende leidraad.

vars brood ..............................................................................
boeke leen ................................................................................
mediese voorskrif ....................................................................................
telegram .....................................................................................
biltong, wors .....................................................................................
filmvertoning .......................................................................................
kruideniersware .......................................................................................
klerasie ........................................................................................
uiteet ......................................................................................
aanklagkantoor ......................................................................................
vrugte, groente ......................................................................................
ruikers, kranse
stoele, beddens
SLAG TEEK MARK KE
BIO SU KEL MARK
KAN MEU WIN SKOOP
PO RE SIE KEL
POS MIS TOOR KLE
LIO WIN BEL AP
RANT GROEN TE RY
BLOE RES TE BIB
TOOR TEEK PER TAU
BAK HUIS LI KAN

Assessering

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • die addisionele taal gebruik om inligting oor te dra:

2.3.2 eenvoudige instruksies gee.

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.3 vir inligting lees:

3.3.1 eenvoudige kaarte en planne lees (soos ‘n roete).

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • vir ‘n sosiale doel skryf:

4.2.1 ‘n eenvoudige nota of boodskap skryf.

Leeruitkoms 5: dink en redeneer

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

5.2 taal gebruik om te dink:

5.2.3 dinge klassifiseer (soos verskillende soorte voertuie) volgens bepaalde kriteria (soos die funksie en kapasiteit daarvan).

Memorandum

Aktiwiteit 4

  • bak-ke-ry
  • bib-lio-teek
  • ap-teek
  • pos-kan-toor
  • slag-huis
  • bi-os-koop
  • su-per-mark
  • kle-re-win-kel
  • res-tau-rant
  • po-li-sie-kan-toor
  • groen-te-mark
  • bloe-mis-te
  • meu-bel-win-kel

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask