<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 9

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 11

Hoe musiek gebruik word om reaksie te ontlok

MUSIEK

Aktiwiteit 1:

Om te analiseer hoe musiek gebruik word om reaksie te ontlok

[LU 2.3, 2.10]

Kan jy jouself ‘n fliek sonder klank voorstel? Bykans onmoontlik, aangesien dit juis die musiek is wat daartoe bydra dat jy soms ‘n traan wegpink of lus voel vir dans!

In hierdie module gaan ons ondersoek hoe die musiek in rolprente gebruik word om reaksie by die fliekganger uit te lok. Soos dit die skrywer van die draaiboek se taak is om ‘n geskikte verhaal te skep, moet die komponis die gepaste musiek skep.

As inleidende agtergrond gaan ons eers die ontwikkeling van die rolprent as sulks ondersoek om die funksie van musiek te bepaal. Jy kan gerus die navorsing wat reeds in Leereenheid 1 (Dans) gedoen is, in gedagte hou!

Navorsing oor die ontwikkeling van die rolprent

Die klas word verdeel in vyf groepe: elke groep doen navorsing oor EEN van die volgende eras t.o.v. tegnologie, genres, musiek en voorbeelde van rolprente.

Hierdie navorsing is bloot om ‘n breë oorsig te verkry en hoef dus nie in diepte gedoen te word nie. Die opvoeder sal julle lei. Julle sal ‘n klasbespreking hou oor die verskillende eras - plak dan die inligting in jou leerderjoernaal.

  • DIE STIL-ERA (1900 – 1930)
  • DIE GOUE ERA (1930 – 1960)
  • DIE SESTIGERJARE (1960 – 1970)
  • DIE SEWENTIGERJARE TOT HEDE (1970 – )
  • DIE TEKENPRENT

Hoe musiek gebruik word om reaksie uit te lok

Soos jy uit die bespreking kan aflei, vorm musiek ‘n essensiële element van enige rolprent. Dit wat aanvanklik bloot ‘n begeleiding vir ‘n visuele produk tydens die era van die stilprent was (om die geraas van die spoele wat omgeruil word te demp!), is vandag ‘n wesenlike deel van die vermaak.

Dit verhoog die kyker se emosionele reaksie op die rolprent.

  • Skep die atmosfeer (romanse of spanning)
  • Versterk die intrige (hartseer musiek)
  • Versterk die aksie ( opruiende musiek)

Dit dien as advertensie en inkomste.

Stap 1

Om vas te stel of rolprentmusiek volgens jou klas wel belangrik is, moet jy indiwidueel die onderstaande vraelys voltooi deur die antwoord te omkring.

Na voltooiing kan julle die vraelys bespreek en sienings vergelyk.

Het jy enige CD’s met rolprentmusiek? Nee Ja Gereeld
Wat het die deurslag gegee om die CD aan te skaf: die rolprent, die kunstenaar of beide? Film Kunstenaar Beide
Luister jy graag na al die snitte op die CD of slegs na enkeles? Almal Enkeles Net een
Ervaar jy enige emosie wanneer jy na die spesifieke snitte luister? Ja Nee Soms
Hoe goed kan jy die tonele uit die rolprent onthou wat deur die musiek beklemtoon word? Baie duidelik Redelik goed Vaagweg
Dink jy die rolprent het die kunstenaar hiermee bemark, of sou jy eerder sê dit is a.g.v. die kunstenaar dat die rolprent gewild is? Film Kunstenaar Beide

Stap 2

Maak nou ‘n opname van die gewildste rolprentmusiek in jou klas.

Maak ‘n lys van die rolprente van 1 tot 5 en meld ook die genre van elke rolprent (bv. drama, gruwel, romanse, wetenskapsfiksie, ens). Waarom is hierdie rolprente die gewildste? Bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask