<< Chapter < Page Chapter >> Page >

IMMUUNSISTEEM : verwys na ’n persoon se vermoë om siektes af te weer.

  • Kom ons vergelyk die statistiek van drie lande. Die volgende syfer is afge­rond om dit makliker te maak om daarmee te werk. In die jaar 1997 was Suid-Afrika se totale bevolking 43 336 000. Ongeveer 360 000 mense het gesterf aan VIGS, terwyl in Etiopië met ’n totale bevolking van 60 148 890, omtrent 1 000 000 mense van VIGS gesterf het. In Zimbabwe, met ’n bevolking van 11 682 000, het 130 000 mense aan VIGS gesterf.
  • VUL die inligting wat jy hierbo gekry het in die onderstaande tabel in.
Land Bevolking Vigs sterftes
  • VOLTOOI:

1. ’n Pandemie is

/2/

2. Die drie (3) ooreenkomste tussen MIV/VIGS en die Eerste Wêreldoorlog is:

2.1

2.1

2.3 /3/

3. Die verskil tussen MIV/VIGS en WO 1 is:

/2/

4.1 Kontinuïteit is /1/

4.2 Die kontinuïteit wat ons sien in die rol wat vroue begin speel het tydens WO 1 is

/3/

/ 10 /

LU 1.3 LU 2.3 LU 2.4 LU 3.4

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid van relevante historiese en argeologiese bronne kan identifiseer en selekteer in sy navorsingsproses [vind bronne];
1.2 bronne suksesvol evalueer t.o.v. die betroubaarheid, nuttigheid en die gesindheid van die skrywer [werk met bronne];
1.3 grafiese en statistiese bronne interpreteer [werk met bronne];
1.4 ‘n oorspronklike idee insluit in sy antwoorde [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip kommunikeer deur [dra die antwoord oor]:
  • die opbou van sy eie argumente en interpretasie gebaseer op die historiese bronne (wat uitgebreide skryfwerk, kunswerke, grafieke en dramas insluit);
  • informasie tegnologie waar beskikbaar en toepaslik te gebruik om sinvol te kommunikeer.
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 verbande tussen geskiedkundige gebeurtenisse en prosesse in verskillende kontekste in dieselfde tydperk begin trek [chronologie en tyd];
2.2 verstaan dat daar ‘n verskil in die belangrikheid van gebeurtenisse se oorsake en gevolge is [oorsaak en gevolg];
2.3 veranderinge in ‘n groter historiese en omgewingskonteks verduidelik [kontinuïteit en verandering];
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 geskiedkundige interpretasie ondersoek deur relevante vrae oor ‘n geskiedkundige bron se skrywer te stel [interpretasie van bronne];
3.2 die verskillende maniere waarop die gebeure in die verlede aangebied en geïnterpreteer is, kan identifiseer en beredeneer [interpretasie van bronne];
3.3 verduidelik waarom geskiedenis nie objektief of neutraal is nie [interpretasie van bronne];
3.4 verstaan dat identiteitsgevoel die manier waarop gebeurtenisse in die verlede geïnterpreteer word, kan beïnvloed [interpretasie van bronne];
3.5 belangrike kenmerke en gebruike van materiële oorblyfsels van die verlede in ‘n gegewe konteks beskryf [voorstelling van die verlede];
3.6 verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike en kulturele erfenis te bewaar (bv. voorwerpe, geboue en ander erfenisgebiede) [voorstelling van die verlede];
3.7 verduidelik hoe en waarom mense se herinneringe van die verlede mag verskil [voorstelling van die verlede].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask