<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Geskiedenis

Graad 4

Hoe vervoer die mensdom gedien het

Module 11

Die ontwikkeling van padvervoer tot vandag

Mettertyd het dit nodig geword om in en om Mooimeisiesfontein goeie paaie vir die baie karre en waens te bou.

Aktiwiteit 1

Om bronne te gebruik [lu 1.2]

Dis hoe Mooimeisiesfontein se hoofstraat in 1930 gelyk het . . .

A)ondersoek meegaande skets en beantwoord die volgende vrae oor die prente hierbo:

  1. Hoeveel verskillende voertuie sien jy?

.......................................................................................................................

  1. Watter voertuie word nog in jou omgewing gebruik?.......................................

.......................................................................................................................

  1. Hoekom was dit makliker vir perde om ‘n trein op ‘n spoor as in die pad te trek?

.......................................................................................................................

  1. Wat het die verskillende voertuie laat beweeg?

.......................................................................................................................

  1. Hoe is paaie destyds gebou?

.....................................................................................................................

  1. Watter maniere is gebruik om berge en riviere oor te steek?

.....................................................................................................................

  1. Watter toerusting word vandag gebruik om paaie in jou omgewing te bou?

......................................................................................................................

Interessante feite!

In 1885 het die Duitser, Carl Benz, ‘n motor met ‘n petrol-enjin gebou. Dit kon ‘n topspoed van omtrent 18 km per uur behaal! Oupa sê die eerste motor het eers in 1897 in ons land aangekom. Toe is motors nie op groot skaal in fabrieke gebou nie. Elkeen is spesiaal vir ‘n ryk persoon gebou. Mettertyd is goedkoper motors, soos oupa se Model T-Ford, egter in fabrieke gebou.

Aktiwiteit 2

Om tussen verskillende tydperke [lu 2.3]

A)bestudeer meegaande skets. gesels nou met mekaar hoe vervoer daagliks ontwikkel.

Hoekom is die motor so ‘n gerieflike vervoermiddel?

Hoekom sal dit beter wees as meer mense met busse werk toe gaan?

Paaie word deesdae al hoe meer van t . . . .. r of b . . . . .n gebou.

Wat noem ons goeie paaie wat tussen groot stede gebou word (n . . . . . . e paaie)?

Mooimeisiesfontein vandag

B)klasuitstappie vir julle!

  • Vra jou onderwyser om julle na ‘n besige pad of straat te vat sodat julle ‘n verkeerstelling kan doen. Soos jy reeds weet, verskil vervoer tydens verskillende tydperke. Stel nou vas of dit op verskillende tye van die dag ook verskil.
  • Trek ‘n tabel in jou skryfboek en vul dan die nodige inligting in.
  • Werk ‘n uur lank in pare. Tel die voertuie wat in al twee rigtings verby ‘n sekere punt beweeg.

Rapporteer in die klas oor die volgende:

- Gedurende watter tyd ry die meeste mense werk toe en terug?

- Ons noem sulke verkeer s . . . . . sverkeer.

- Watter soort voertuie word die meeste gebruik op die verskillende tye. Waarom?

C)debat!

  • Watter een, motorfietse of minibusse, word meer in spitstyd gebruik?

Assessering

Leeruitkoms 1: geskiedkundige ondersoek

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.2 vrae beantwoord: inligting uit bronne gebruik om vrae te beantwoord.

Leeruitkoms 2: geskiedkundige kennis en begrip

Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • ooreenkomste en verskille: ooreenkomste en verskille tussen die verlede en hede identifiseer oor hoe dinge gedoen is binne ‘n bepaalde konteks.

Memorandum

a). (1) 5

  1. Eie antwoorde
  2. Spoorlyn was veel meer glad en gelyk as destydse paaie.
  1. Laat leerders eie antwoorde gee. Die trem loop op ysterspore – getrek deur perde. (SA se eerste trem is in 1863 in gebruik geneem tussen Kaapstad en Groenpunt. Vrouens het binne-in gesit en mans bo-op.)

Fietse het in die laat 1800’s in SA gewild geraak – sonder vere, buitebande, ratte.

  1. In die 1600’s en 1700’s was paaie in SA net wielspore – en ook geen brûe nie. Mense het gestap, op perde gery of ossewaens gebruik. Teen 1820 was die hoofroete in SA tussen Kaapstad en Grahamstad ná die koms van die Setlaars. Gevangenes is dikwels gebruik om paaie te bou. Lees die verhaal van Andrew Bain, SA se mees bekende vroeëre padbouer.
  2. Laat leerders self antwoorde uitdink.
  1. Sedert 1935 kry baie gruispaaie ‘n oppervlak van teer of sement. Dit is veronderstel om ongeveer 20 jaar te hou.
  2. Teer of baksteen, nasionale paaie

b) Spitsverkeer

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11090/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask