<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Die kerntydperk en die koue oorlog

Module 11

Die berlynse lugbrug en blokkade

AKTIWITEIT 1

Om die Koue Oorlog histories te ondersoek deur gebruik te maak van kronologie, oorsaak en gevolg, en ooreenkoms en verskille: DIE BERLYNSE LUGBRUG EN BLOKKADE

[LU 1.1, 2.1, 2.2, 2.3, 3.1, 3.3]

Gebruik bronne A, B, C, D, E en F wat na die Berlynse Blokkade (1948-1949) verwys, en beantwoord die vrae wat daarop volg.

BRON ADie kaart dui die na-oorlogse verdeling van Duitsland en Berlyn in 1948 aan

BRON BDr. Konrad Adenauer, eerste kanselier van Wes-Duitsland, se kommentaar oor die Berlynse Blokkade (vry vertaal)

Die Sowjet-Unie het probeer om die Westerse moondhede te forseer om toe te gee deur alle toegangsroetes oor land en water te blokkeer. Hulle wou Berlyn in sy eie sfeer isoleer en daardeur die Westerse Geallieerdes verwyder.

BRON CPresident Truman van die VSA se kommentaar oor die Berlynse Blokkade in 1949 (vry vertaal)

Ons het geweier om uit Berlyn gedwing te word. Ons het aan die mense van Europa gewys dat ons sal optree, dat ons gesamentlik sou optree as ons vryheid bedreig word. Dit het die mense van Europa polities nader aan ons gebring. Die Berlynse Blokkade was ’n poging om ons vermoë en wil om teenstand te toon, te toets.

BRON DGeneraal Lucius Clay, Amerikaanse Bevelvoerder in Berlyn, se kommentaar oor die Berlynse Blokkade van Junie 1948 (vry vertaal)

As Berlyn sou val, sou Wes-Duitsland volgende wees . . . As ons onttrek uit Berlyn, sou Europa bedreig word . . . Kommunisme sal onkeerbaar toeneem.

BRON E’n Russiese siening van die lugbrug (vry vertaal)

Die Sowjetowerhede was gereed om voedsel en brandstof aan die mense van Berlyn te verskaf, maar die westerse besettingsmagte het die inwoners van Wes-Berlyn van die moontlikheid van enige Oos-Duitse hulp ontneem. Die VSA het ’n sogenaamde "lugbrug" ingestel om Wes-Berlyn per lug te voorsien . . . Hierdie set het as propaganda gedien en het ook noodwendig die Koue Oorlog verhewig.

BRON FSpotprent: Die Voëlkyker, 1948. Stalin, Russiese leier, word voorgestel as ’n voëlkyker gedurende die Berlynse Lugbrug

  • Gebruik bronne A, B, C, D, E en F wat na die Berlynse Blokkade (1948-1949) verwys en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1. Bestudeer bronne B, C en D. Identifiseer die posisies van elk van die onderstaande leiers en verduidelik watter rol elkeen in die Blokkade van 1948-1949 gespeel het.

a) Dr. Konrad Adenauer (Bron B)

b) Harry S. Truman (Bron C)

c) Generaal Lucius Clay (Bron D)

2. Gebruik bronne A, B, C, D en E om die verloop van gebeure gedurende die Berlynse Blokkade 1948 -1949 saam te stel.

3. Verwys na bron D. Verduidelik Generaal Clay se siening oor die Blokkade van 1948 -1949.

4. Bestudeer bron E. Hoe probeer bron E

4.1 empatie vir die Sowjetsaak wen?

4.2 antipatie teenoor die Weste bevorder?

5. Bestudeer bron F. Beantwoord dan die volgende vrae deur van die bron en jou eie kennis gebruik te maak.

5.1 Wat sou jy sê wou die spotprenttekenaar met die ooievaars illustreer?

5.2 Watter optrede oorweeg Stalin hier?

5.3 Waarom sou jy sê dat steenkool so belangrik was?

5.4 Hoe dink jy sou die Sowjet-Russe op die spotprent reageer het?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne];
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne];
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne];
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord].
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie];
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg];
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg];
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit].
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie];
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie];
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie];
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede].

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask