<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Massa.

Onthou: 1 000 mg = 1 g

1 000 g = 1 kg

Hou ‘n 1 kg pakkie suiker in jou hand.

500 g = 0, ____________ kg. Gebruik ‘n sakrekenaar indien nodig.

  • Voltooi nou die volgende en vergelyk dan jou antwoorde met ‘n maat s’n. (Waar nodig, gebruik ‘n sakrekenaar se deelfunksie om te kontroleer).

a) 125 mm = 0, __________mm

b) 843 m = 0, ___________ km

c) 65 liter = 0, ____________ kℓ

d) 650 liter = 0, _____________ kℓ

e) 450 mg = ______________ g

f) 3 845 g = ______________ kg

5.5 Maak nou jou eie vrae op vir die klas.

Aktiwiteit 2:

Om probleme met S.I.-eenhede op te los [LU 4.6]

1. Die volgende tabel toon die reënval by die Helderberg Natuurreservaat vir 2003. Die aantekeninge in hierdie tabel is 'n werklike verslag wat by 'n werklike plek gelees kan word.

  • Bestudeer die tabel en vul die totale hoeveelhede vir elke maand in:
Maand Hoeveelheid reën in mℓ gedurende die maand Totale hoeveelheid reën vir die maand
Januarie 17,4
Februarie
Maart 9,2; 9,2; 40,2
April 6,7; 2,0; 21,0; 0,8
Mei
Junie 8,0; 4,0; 2,5; 2,5
Julie 17,4; 10,5; 16,0; 14,0; 2,5
  • Kontroleer jou totale met 'n maat. Stem julle ooreen?
  • Kan 2,5 mℓ in 'n teelepel inpas?
  • Hoeveel vloeistof is in 'n vol teelepel?
  • Hoe vol is 'n teelepel as daar 2,5 mℓ reën in is?
  • Gedurende watter maande het dit glad nie gereën nie?
  • In watter reënvalstreek is hierdie natuurreservaat geleë: die somerreënvalstreek; winterreënvalstreek; streek met reënval deur die jaar? Verduidelik.
  • Hoeveel reën het gedurende die eerste ses maande van 2003 in die Helderberg Natuurreservaat geval?

Skryf jou berekeninge en antwoorde vir die volgende uit:

2. By die skool se atletiekbyeenkoms is die verste sprong van elke deelnemer aan die O/11 Seuns Verspring-item as volg aangeteken:

John 4,4 m Paul 4,1 m Gary 4,6 m

Peter 4,0 m Steve 4,5 m Tom 3,9 m

David 3,8 m Colin 3,7 m Simon 3,5 m

  • Wie het die kompetisie gewen?
  • Verduidelik hoekom.

3. 'n Rondreisende verkoopsman het vanaf Johannesburg na Kaapstad gereis, 'n rit van nagenoeg 1 442 km; vanaf Kaapstad na Windhoek, wat 1 508 km uit mekaar uit is, en vanaf Windhoek na Maputo, wat nog 2 409 km verder is, voordat hy terug is na Johannesburg, oor nog 599 km. Hoe ver het hy altesaam gereis?

4. Die odometer (afstandmeter) van 'n motor by Easy Hire Car Hire Company gehuur is, wys 3068,4 teen die einde van 'n reis. Toe die motor gehuur is, het dit 2687,5 gewys. Hoe ver het die toeris wat die motor gehuur het, gereis?

5. In Mamma se inkopiesak was daar:

500 g margarien; 1,2k g maalvleis; een 450 g blik konfyt; 10 g gis en 5 kg meel. Wat was die algehele massa van die inkopies wat sy huis toe moes dra?

Aktiwiteit 3:

Om omtrek te ondersoek en te skat [LU 4.8]

O pdrag:

Julle mag hierdie aktiwiteit as groepwerk onder die leiding van julle opvoeder aanpak. Julle benodig 'n bol tou, vier stokke, maatbande en ‘n klikwiel.

1. Gaan na die speelgrond, indien moontlik, en merk 'n geskikte hoenderhok af vir die 5 hoenders wat jou oupa vir jou wil gee. Bespreek die grootte van die hok, sy vorm en posisie. Skryf die afmetings waarop julle besluit neer

Lengte van hok: ______________ Breedte van hok: ______________

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask