<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Bevindings:

Item SKATTING Werklike Afmetings
Rondom my kop
Rondom my maat se kop
My voet (lengte)
My lengte
'n Baie lang persoon (lengte)
My ooghaar (lengte)
My duimnael se breedte
My langste vinger: lengte

Jy het waarskynlik heel dikwels in millimeter (mm) en sentimeter (cm) gemeet.

Jy moet dit ken!

10 mm = 1 cm

100 cm = 1 meter

1 000 mm = 1 m

1 000 m = 1 km

2.8 Skat eers en meet dan elk van die voorwerpe in die lys hieronder en voltooi die tabel:

Item SKATTING Werklike Afmeting
Hoogte van die deur
Breedte van die venster
Lengte van die gang
Afstand na die hoof se kantoor
Lengte van die rugbyveld
Breedte van die sokkerveld
  1. Meet van kapasiteit of inhoud (Julle moet dit verkieslik buite op die sportveld doen.)

Selfdoen: praktiese werk

Julle benodig: 'n maatbeker (vra jou Ma); 'n inspuitbuis SONDER die inspuitnaald (vra die veearts!); water en rooi kleursel vir voedsel (vra jou Ma); 'n leë koeldrankblikkie; 'n leë melkkarton; 'n leë emmer; 'n teelepel; jou beker of koppie; 'n bababad en ander leë vloeistofhouers wat interessant is. Julle mag in groepe werk. Gebruik die bogenoemde items om uit te vind hoeveel vloeistof in elke item geplaas kan word. Wanneer julle die volgende take aanpak, moet julle eers SKAT en dan die werklike hoeveelheid meet.

3.1 Skryf al jou antwoorde in die onderstaande tabel neer.

Item SKATTING(Hoeveelheid vloeistof) Afmeting(Hoeveelheid vloeistof)
Die emmer (meet met liter melksakkie)
Die koeldrankblikkie
Koeldrankblikkies in 'n liter-karton
Vloeistof in 'n teelepel (meet met die inspuitbuis)
Teelepelsvol in 'n liter-karton
'n Bababad
Om myself te bad, benodig ek
'n Skoolswembad benodig

Hier het jy waarskynlik met milliliters en liters gewerk.

Jy moet dit weet!

1 000 mℓ = 1 liter

3.2 Plaas nou twee-en-'n-half mℓ (eetbare) rooi kleurstof in 'n glas water. Roer en bekyk die resultaat. Proe dit. Smaak dit na koeldrank? Bespreek. (Sommige leerders in die grondslagfase sukkel om dit te verstaan!).

4. Groot stukke, klein stukke.

Dink versigtig en vul>;<; =; in.

4.1 500 g_____________ ‘n halwe kg.

4.2 62 mm ____________ 62 cm.

4.3 1 850 mm ___________ 2 m.

4.4 1 kℓ ______________ 900 liter.

4.5 125 mℓ ___________ 125 liter.

Bespreek jou antwoorde met ‘n maat of die res van jou groep. Formuleer dan soortgelyke vrae vir die res van die klas.

5. Herleiding van metingseenhede.

Onthou jy nog Module 2? (breuke en desimale breuke).

  • Lengte.

Onthou: 100 cm = 1 m

1 000 mm = 1 m

1 000 m = 1 km

Kyk na ‘n maatband. 25 cm lyk taamlik lank (amper so lank soos ‘n liniaal), maar dit is net ‘n deel van ‘n meter. Ons het 100 cm nodig vir 1 meter. .

Dus 25 cm = 25 100 size 12{ { { size 11{"25"}} over { size 11{"100"}} } } {} m of (25 ÷ 100) m. Gebruik nou ‘n sakrekenaar:

25 ÷ 100 = ______________

25 cm = ______________

25 cm is ‘n deel (breuk) van ‘n meter.

  • Inhoud.

Onthou : 1 000 mℓ = 1 liter

1 000 liter = 1 kℓ

Kyk na 750 mℓ water in ’n maatbeker. Dit lyk taamlik baie, maar dit is net ‘n deel van ‘n liter. Ons het 1 000 mℓ nodig om 1 liter te maak.

750 mℓ = 750 1000 size 12{ { {"750"} over { size 11{"1000"}} } } {} liter. Indien nodig, gebruik ‘n sakrekenaar:

750 ÷ 1 000 = ___________________

750 mℓ = 0, ______________ liter.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11100/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask