<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

Fisiese ontwikkeling en beweging: fiksheidspeil en bewegingsvermoë

Module 19

Assessering van bewegingsvermoë

Aktiwiteit 1

Om jouself ten opsigte van jou bewegingsvermoë te assesseer

[LU 4.3]

Jou onderwyser sal as deel van hierdie aktiwiteit vir julle geleentheid gee om aan ’n verskeidenheid aktiwiteite deel te neem. Assesseer jouself deur telkens in ’n tabel aan te dui hoe jy na jou mening gevaar het. Jy kan ook die ander groeplede vra om jou te help met die assessering.

  • Die volgende is voorbeelde van aktiwiteite wat geskik is vir hierdie doel. Geniet dit!

1. Aktiwiteite met kleinapparaat

  • Touspring
  • Eers alleen met ’n kort tou en daarna in ’n groep met ’n lang tou
  • Hoepel
  • Balanseer die hoepel op ’n vinger (toets balans)
  • Swaai die hoepel om die middellyf (toets ritme)
  • Gebruik die hoepel soos ’n springtou (toets koördinasie)
  • Balvaardigheid: gebruik balle van verskillende grootte en gewig
  • Rol
  • Gooi
  • Vang
  • Skop
  • Klop
  • ASSESSERING: Ken aan jouself ’n punt uit 4 (4 is uitstekend) toe
Aspek van bewegingsvermoë 1 2 3 4 5 6 7
  • Balans
  • Ritme
  • Koördinasie

2. Atletiekaktiwiteite

  • Hoogspring (toets elevasie)
  • Verspring (toets elevasie)
  • Driesprong (toets elevasie)
  • Naelloop
  • Aflos-naelloop
  • ASSESSERING:
Aspek van bewegingsvermoë 1 2 3 4 5 6 7
  • Balans
  • Ritme
  • Koördinasie
  • Elevasie
  • Rigtingverandering
  • Rotasie

3. Spanspele

  • Vlugbal (voetwerk, ratsheid, balslaan, tydsberekening)
  • Netbal of korfbal (voetplasing, beweeg in spasies in, doelskiet)
  • Krieket (boul, kolf en veldwerk)
  • Sokker (balbeheer, ratsheid, doelskop)
  • Rugby (balbeheer, krag, ratsheid, skopwerk)
  • Tennis (voetwerk, ratsheid, balslaan, tydsberekening)
  • ASSESSERING
Aspek van bewegingsvermoë (vaardighede) 1 2 3 4 5 6 7
  • Balans
  • Ritme
  • Koördinasie
  • Elevasie
  • Rigtingverandering
  • Rotasie

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
Liggaamlike Ontwikkeling en Beweging Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
4.2 eie bewegingsvermoë, insluitend rotasie, balans en evaluasie verfyn en dit saam met dié van die portuurgroep evalueer;
4.3 eie fiksheid beoordeel en persoonlike doel­stellings vir die verbetering daarvan stel;
4.4 ‘n wedstrydplan vir ‘n individuele of spansport krities evalueer en uitvoer;
4.5 verslag doen en ‘n bespreking voer oor sportetiek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask