<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Meting en tyd

Massa

Opvoeders afdeling

Memorandum

1. 14 856 kg – (235 + 39 kg)

= 5 691 kg

2. (10 000 kg – 9 165 kg) ÷ 39

= 21,41

= 21 sakke

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om te bereken deur bewerkings te kies wat geskik is om probleme op te los [lu 1.8.2, lu 1.8.4]

Om getalsinne te skryf om ‘n probleemsituasie te beskryf [lu 2.4]

Werk hierdie keer op jou eie. Lees die onderstaande probleme deur en kyk of jy die oplossings daarvoor kan vind. Onthou jou getalsinne! Onthou ook jou netjiese, duidelike bewerkings, en moenie die eenhede vergeet nie!

1. ’n Vragmotor vervoer 235 sakke sand van 39 kg elk. Indien die vragmotor met sy vrag 14 856 kg weeg, wat is die massa van die vragmotor sonder vrag?

_____________________________________________________________________

2. Dit is ’n 10 ton vragmotor (mag maksimum 10 ton vervoer). Hoeveel sakke kan nog opgelaai word sonder om die massagrens te oorskry?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:

1.8.2: optel en aftrek van heelgetalle;

1.8.4: vermenigvuldiging van minstens 4-syferheelgetalle met 3-syferheelgetalle;

Leeruitkomste 2: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsinne skryf om ‘n probleemsituasie te beskryf, insluitend probleme binne kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van menseregte-, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingsake te bevorder.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask