<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 3   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Bonnie en tommie besoek die dieretuin

Opvoeders afdeling

Memorandum

  • Getalbegrip tot 1 000. (Dit is die minimum vereiste vir Graad 3.)
  • Bewerkings:
  • Optel – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van tiene en/of honderde;
  • Aftrek – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van tiene en/of honderde;
  • Vermenigvuldig – twee- en driesyfergetalle met ‘n eensyfergetal, met en sonder hergroepering van tiene;
  • Deel – twee syfergetal deur ‘n eensyfergetal, met hergroepering van tiene, maar sonder ‘n res, bv. 7 5 ÷ 5 =

(In die volgende module word die res weer saam met die hergroepering van die tiene gedoen.)

In Module 6 word getalbegrip uitgebrei tot 1000 . Optelling en aftrekking word met twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van tiene en honderde gedoen. Vermenigvuldiging met twee- en driesyfer getalle met en sonder hergroepering van tiene word gedoen. Deling word slegs met tweesyfergetalle met hergroepering van tiene, maar nou eers sonder 'n res gedoen, bv. 75 ÷ 5 = (In die volgende module sal die res weer saam met hergroepering gedoen word.)

Leerders moet weet hoe die werklike papiergeld lyk: R10-, R20-, R50-, R100- en R200-note.

Hulle moet die gelyke waardes verstaan en eenvoudige berekeninge daarmee kan doen.

Verduidelik aan die leerders wat 'n skaaltekening is. Hulle sal dit baie goed moet begryp voordat hulle die lengtes van die slurpe sal kan bereken. Gee soortgelyke voorbeelde om seker te maak dat hulle dit kan doen.

Die leerders moet 'n konkrete beeld van die getalwaarde van 1000 hê.

999 + 1 maak 10 ene wat 'n tien volmaak wat na die tiene verskuif; dit maak 10 tiene wat dan weer nog 'n honderd volmaak wat na die honderde verskuif; dit maak 10 honderde wat 'n groep van duisend volmaak wat na die duisende moet verskuif.

1000: die 1 is 1 groep van duisend en die 3 nulle is die plekhouers van die honderde, tiene en ene.

Sodra die leerders die getalleblok voltooi het, gebruik dit om baie mondelinge teloefeninge in tiene en honderde, aan en terug, te doen.

Indien die leerders steeds met verdubbeling en halvering sukkel, moedig hulle aan om die "wolkie" vir hulle denke te gebruik.

Doen soortgelyke voorbeelde waar letterwaardes ingestel moet word, eers mondelings voordat die leerders die werkvel doen.

Vermenigvuldiging met driesyfergetalle, met die hergroepering van tiene, moet eers konkreet gedoen word.

Laat die leerders vooraf in 9's tel en dan kan hulle dit skryf.

Help hulle om in te sien dat dit vinniger en makliker is om eers 10 by te tel en dan 1 weg te neem, as om 9 by te tel. Die teenoorgestelde word gedoen as 9 weggeneem moet word: neem 10 weg en tel dan 1 by. Laat hulle dit met tellers doen.

As 10c- en 1c-stukke gebruik word om die hergroepering van tiene by verdeling te verduidelik, sal dit help om die leerders te laat besef dat die tiene ontbind en by die ene gegroepeer moet word voordat dit uitgedeel kan word. (Speelgeld kan gebruik word.)

Baie oefening mag nodig wees voordat die leerders die werkvel sal kan voltooi.

Dit sal help as hulle dit teken. (Gee nog baie soortgelyke somme.

Gee eers vir die leerders los vorms om in tiendes te verdeel, sodat hulle self kan ontdek dat tiendes , net soos derdes en vyfdes bereken en gemeet moet word. Dit is nie net 'n kwessie van vou en weer vou.

Lei hulle om te ontdek dat as hulle eers vyfdes kry, dan kan hulle elke vyfde in die middel deel om tiendes te kry.

Gesels met die leerders oor simetriese vorms . Laat hulle voorwerpe in die klas wat simetries is, identifiseer. Hierna behoort hulle die prent te kan voltooi.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: vorms [lu 1.4, lu 3.4, lu 5.1, lu 5.2, lu 5.3, lu 5.4]

  • In hoeveel gelyke dele is die reghoek verdeel?

Die reghoek is in__________ gelyke dele verdeel.

Elke deel word 'n ____________ genoem. Ons skryf dit so:

  • Watter breukdeel van elke vorm is ingekleur?

  • Gebruik die tabel om die antwoorde te kry:
  • Voltooi:
Tiendes: 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
Getal: 9

  • Teken die ander helfte van die prent klaar.

  • Die olifant, die leeu, die jagluiperd, die renoster en die buffel word die "groot vyf" genoem. Gaan vind uit by jou klasmaats watter een hul gunsteling dier is en voltooi dan die grafiek deur 'n blokkie vir elke maat in te kleur.
olifant
leeu
jagluiperd
renoster
buffel
Maats 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29
  • Die meeste maats se gunsteling dier is die _____________________________
  • Wat is jou gunsteling dier en hoekom? _______________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder simmetrielyne bepaal in tweedimensionele vorms deur die vou van papier en refleksie;

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder data versamel (alleen en/of as ’n lid van ’n groep of span) in die klaskamer en skoolomgewing om vrae wat die onderwyser en die klas stel, te beantwoord (bv. “hoeveel leerders stap skool toe?”);

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eie en gegewe data sorteer, orden en organiseer volgens een of meer spesifieke eienskappe om ’n spesifieke rede;

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder prente teken en stel prentdiagramme (piktogramme) en staafgrafieke saam met ’n 1-1- ooreenstemming tussen eie data en voorstellings;

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder lees, interpreteer en verslag doen oor inligting in eie en ’n maat se voorstelling van data.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask