<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Bevolking: verspreiding en digtheid in die rsa

Module 26

Vestiging op landbougrond

Teen hierdie tyd weet julle dat sekere landbou-aktiwiteite meer werkers nodig het as ander. So weet julle dat daar in Bolandse gebiede soos die Paarl, baie werk-geleenthede op vrugte- en wingerdplase is, terwyl die teenoorgestelde waar is op plase in die droë gebiede soos die Karoo. In die Boland en omstreke sal daar dus ‘n digte bevolking op plase wees, terwyl die bevolking in die Karoo yl sal wees.

Daar is dus ‘n verband tussen landbou en vestiging, want hoe dig op mekaar mense op landbougrond woon, word bepaal deur die klimaat, sowel as die vrugbaarheid en potensiaal van die grond. Ons moet na die potensiaal ook kyk, want al reën dit hoe baie en gereeld, maar die grond is nie vrugbaar nie, sal die grond ook nie baie mense kan onderhou nie.

reënval en potensiaal van grond → soort boerdery → bevolkingsdigtheid

Gemiddelde jaarlikse reënval

Verklaring

Nog iets wat ons in gedagte moet hou, is dat hierdie verband tussen klimaat, landbou-opbrengs en bevolkingsdigtheid nie ‘n verskynsel is wat saam met die Europese koloniste na Suid-Afrika gekom het nie. Reeds voor die 17 de eeu was daar ‘n aansienlik digter bevolking in die reënryke oostelike deel van Suider-Afrika as in die droër weste.

Aktiwiteit 1

Om skakels tussen natuurlike hulpbronne en die mens te identifiseer

Lu 2.2]

Veronderstel daar het aan die begin van die 20ste eeu ‘n dorpie met die naam Siani in ons land ontstaan. Volg nou saam met ons die ontwikkeling van hierdie dorp.

Aktiwiteit 2

Om die wisselwerking tussen mens en omgewing oor ‘n lang periode te ondersoek

[lu 2.2; 2.3]

“geskiedenis - aardrykskundiges”

Bespreek die stelling dat die bevolking eeue gelede al, voor die tyd van masjiene en kunsmis, weens die hoë reënval digter aan die oostekant as aan die westekant van die land was. Onthou, die oorspronklike inwoners was meestal jagters en veeboere, hoewel hulle ook die grond op klein skaal bewerk het.

Verduidelik hoe dit moontlik is dat die vestigingspatroon van vandag en meer as 300 jaar gelede ooreenstem.

Die geskiedenis van die dorp Siani

1900

In Junie 1900 word ‘n waardevolle metaal teen die hange van die Sianiberg ontdek en word daar besluit om die Sianimyn te open.

Die myn is ongeveer agt kilometer (toe nog vyf myl) van Mkongi, ‘n stasietjie naby die Mfumerivier.

Die winkeltjies op Mkongi lewer diens aan die gemeenskap bestaande uit landbouers wat verspreid in die omgewing woon.

1940

Veertig jaar ná die ontdekking van die mineraal is mynbou in volle gang en oorskadu dié bedrywighede omtrent alle aktiwiteite in die omgewing. Die woonbuurt van die mynpersoneel is gevestig, met die sakegebied wat die hele distrik bedien.

Die stasie by Mkongi is vergroot, maar die winkeltjies is weens die groter winkels in die myndorp gesluit. Die myn se werkswinkels lewer ook diens aan meer mense as net aan die myn.

1980

In die voorafgaande veertig jaar het die dorp van ‘n myndorp tot ‘n baie groot dorp (met ‘n myn) gegroei, met ‘n sakegebied en ‘n nywerheidsgebied wat ‘n groot gebied bedien. Die dorp het nou ‘n eie munisipaliteit en heet Siani, genoem na die berg oos van die vinnig groeiende dorp.

‘n Groot skok tref die gemeenskap, want daar word aangekondig dat die myn uitgewerk is en oor ‘n paar jaar gaan sluit. Omdat die metaal weens die verandering in tegnologie ook nie meer in aanvraag is nie, is daar eintlik ‘n paar jaar tevore reeds besluit om nie verder te prospekteer nie.

2020

Siani is ‘n groot dorp tussen die Mfume-rivier en die hange van die Sianiberg. Al herinnering aan die Siani-myn is ‘n monument teen die berghang. Oor die mooi tuine waar die monument op die eertydse mynterrein gebou is, troon ‘n reuse hotel, die gewilde Mkongi. Die treinspoor noord van die eertydse Mkongi-stasie is verwyder om plek te maak vir woonhuise. Die eeu-oue stasiegeboutjie is gerestoureer en is vandag die dorp se toeristesentrum. ‘n Toeristetrein bring weekliks ‘n nuwe groepe gaste na die vierster Mkongi. In 120 jaar het Siani van ‘n piepklein stasietjie gegroei tot ‘n spogdorp. Die meeste van sy 40 000 inwoners is betrokke by die ligte nywerhede, handel en toerisme.

Groepwerk

Siani het in 120 jaar baie vinnig gegroei. Dink mooi en MAAK ‘N LYS VAN SOVEEL MOONTLIKE REDES waarom die dorp so vinnig gegroei het en waarom die sluiting van die myn, wat aanvanklik verantwoordelik was vir die ontstaan van die dorp, nie sy einde beteken het nie.

Assessering

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 belangrike fisiese kenmerke van Suid-Afrika identifiseer en beskryf, insluitend dié van eie provinsie [mense en plekke];

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede in Suid-Afrika identifiseer [mense en hulpbronne];

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf [mense en die omgewing].

Memorandum

  • Aanvanklike boerdery en mynbou – ekonomie vestig
  • Mooi natuurskoon – genoeg water
  • Nywerhede uitgebou
  • Sakesentrum gevestig
  • Toerisme ondersteun ekonomie

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask