<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Wilde diere

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

In Graad 2 sal die leerders voortbou op die woordeskat wat in Graad 1 bekend gestel is. Baie geleenthede moet geskep word om hul luister- en praatvaardighede te ontwikkel sodat lees en skrif daarop kan volg.

‘n Uitgebreide woordeskat is noodsaaklik. Terwyl reeds bekende woorde vasgelê word, word nuwe woordeskat in stories, rympies, gediggies en speletjies ingevoer.

Leerders word aangemoedig om vrae te beantwoord en deel te neem aan besprekings en gesprekke in die addisionele taal.

Leerders se aandag word gevestig op die verskil in die indiwiduele klanke van die nuwe taal. Leerders ontdek dat sommige klanke dieselfde bly en sommige verander. Die opvoeder sal toevallig aandag gee aan die korrekte uitspraak.

TYDSKEDULE VIR MODULES 1 - 5

Daar word voorgestel dat al die leerders al vyf modules voltooi.

  • Lees leesstuk herhaaldelik
  • Leerders lees later saam.
  • Bespreek en gesels oor die leesstuk.
  • Woordeskat, betekenis.
  • Flits vreemde / moeilike woorde.
  • Opvoeder: Maak flitskaart van “oei”woorde.

Leerders afdeling

Inhoud

Leeus

Leeus is ook soogdiere.

Ma-leeu pas haar welpies op.

Die welpies drink hul ma se melk.

As Ma-leeu gaan jag, kruip die welpies tussen die rotse en bosse weg.

As Ma-leeu hulle roep, sê hulle “miaau, miaau.”

Ma-leeu dra die welpies met haar tande.

Pa-leeu brul as hy honger is.

Leeus beweeg in ‘n trop.

Ma-leeu gaan jag in die nag.

Sy soek ‘n lekker vet sebra of ‘n bok.

Al die pa-leeus in die trop eet eers klaar, dan eet die welpies en dan eet die ma-leeus.

Leeus is vleiseters.

Hulle speel en stoei met mekaar.

LU 3.5
  • Soek in die leesstuk ‘n woord wat begin met ‘n:

kr-; tr-; br-; kl-; st-; vl-.

  • Skryf die woorde neer.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 3.4.5
  • Gesels en teken:

Eeu

leeu sneeu
meeu spreeu
LU 3.4.4

Oei

LU 3.4.4
  • Lees die sin en teken ‘n mooi prent:

Pa-leeu is die mannetjie leeu.

Hy het maanhare.

Ma-leeu is die wyfie leeu.

Sy vang ‘n bok.

Baba-leeu is die welpie.

Hy kruip weg agter die rots.

LU 3.1.5
  • Pas die sin by die prent:
  • Knip die sin uit en pas dit by die prent.

Ma-leeu dra die welpie met haar tande.

Die mannetjie-leeus vreet die zebra.

Die twee welpies kruip agter die rots weg.

Die welpies stoei en speel.

LU 3.1.4

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder prente om geskrewe teks te verstaan gebruik:

3.1.4 pas ‘n sin (‘n onderskrif) by ‘n prent;

3.1.5 teken ‘n prent om ‘n sin te illustreer;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.4 groepeer algemene woorde in woordfamilies, soos “kat”, “lat”, “mat”, “vat”, “wat”;

3.4.5 herken tweeletterkombinasies aan die begin van woorde, soos “gr-oen”, “bl-om”;

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n groot aantal leesboeke (fiksie en nie-fiksie) en bekende rympies op ‘n gepaste taal- en leesvlak vir inligting en genot lees.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11111/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask