<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wat sou jy sê is die hoofdoel van ‘n volksgedig?

Skryf ‘n paragraaf oor die toonaard of spreekstem van hierdie gedig.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen:
LU 3
LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
3.2 vir verskillende doeleindes hardop en stil lees deur gepaste leesstrategieë te gebruik (soos vluglees, soeklees, stiplees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleiding);
3.9 die sosiale, kulturele, omgewings- en etiese kwessies in tekste (soos duidelik in aspekte soos inhoud, taal, kunswerk, karakterisering blyk), identifiseer en bespreek.
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf:
4.1.1 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en gevoelens oor die self en ander;
4.1.2 verken die kreatiewe en speelse gebruik van taal en die skryf van verhalende en beskrywende opstelle, dagboekinskrywings, vriendskaplike briewe, gedigte, strokiesverhale, limerieke en liedjies.
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke gepas vir ‘n tekssoort toon
4.3.3 gebruik ruimte en rym in gedigte;
4.3.4 toon volgorde in prosedures.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder :
5.1 taal gebruik vir dink en redeneer:
5.1.3 oorweeg twee moontlikhede en besluit watter een die beste keuse is;
5.4 kreatief dink:
5.4.1 visualiseer, voorspel, fantaseer en empatiseer om betekenis te skep en probleme op te los.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 met sinne werk:
6.2.1 identifiseer en gebruik die volgende in konteks;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas;

Memorandum

Opdrag 1

(i) Onder ‘n boompie by die watersloot.

  1. Hulle sit en vry.
  2. Spekie en Joris
  3. Joris

1. Duisend hamels

  • ‘n Ram
  • ‘n Woonhuis
  • ‘n Wa en span osse
  • Twee koperhoepel-emmers
  • ‘n Ring
  • ‘n Borsspeld met rooi klippies
  • ‘n Perdesweep met ‘n koperknop
  • ‘n Teepot met drie silwervoetjies
  • ‘n Klok
  • Dertien riempiestoele
  • ‘n Bulsak
  • ‘n Ledekant
  • Twee ingelegde geelhouttafels
  • ‘n Prentjie met die plae van Egipteland
  • ‘n Spul rommel
  • ‘n Kar op vere
  • ‘n Fariseen (orrel)
  • ‘n Bybel
  • ‘n Wa (Of is dit dalk ‘n denkbeeldige wa, m.a.w. beeldspraak?)
  • Diere
  • Skimmelhings
  • Duisend hamels
  • Franse ram
  • ‘n Span Soetveld-osse

Voertuie

  • ‘n Wa
  • ‘n Kar op vere

Huishoudelike items

  • Koperledekante
  • Twee koperhoepel-emmers
  • ‘n Klok
  • Dertien riempiestoele
  • ‘n Bulsak
  • ‘n Ledekant
  • Twee ingelegde geelhouttafels
  • ‘n Fariseen (orrel)

Losgoed

  • ‘n Spul rommel
  • ‘n Bybel
  • ‘n Ring
  • ‘n Borsspeld
  • ‘n Perdesweep
  • ‘n Prent met die plae van Egipte
  • ‘n Teepot

Geboue

  • ‘n Woonhuis
  • ‘n Seiltjie vir sy wa (m.a.w. ‘n vrou in sy lewe)
  • 1873
  • Waens en perdekarre
  • My wa is sonder buiteseiltjie! Wil jy my seiltjie wees, my hart?

Opdrag 2

(a) (i) Die onderste speek kom ook bo.

(ii) Elke mens kry sy kans, of, die armste kan ook ryk word.

(b) (i) Iemand met ‘n ou speek doodslaan.

(ii) ‘n Uiting van minagting en ergenis.

(c) (i) Jou speke roer.

(ii) Jou haas, gou maak.

(d) (i) ‘n Speek in die wiel.

(ii) teëwerk, dwarsboom

(e) (i) Daar is ‘n speek los.

(ii) Daar is iets verkeerd.

  1. Sy het lang, maer beentjies.

Opdrag 3

Om ‘n mondelinge voordrag te lewer

Opdrag 5

  1. Hy, sy, haar, hulle..
  2. Ek, my, jy, jou, ons
  3. In die laaste strofe van die gedig is die hoofkarakter (Joris) self aan die woord. Hy praat direk met Spekie. Die gedig eindig as ‘n eerstepersoonsvertelling

‘n Volksgedig is ‘n eenvoudige, populêre gedig wat deur gewone mense geniet kan word. Dit moet ‘n liefde vir die taal en die letterkunde onder die mense (volk) aanmoedig.

UITDAGING!

Toonaard het betrekking op hoe iets of iemand klink . Die spreekstem is die verteller, of die persoon wat praat . In die gedig is die hoofkarakter, Joris, in gesprek met Spekie. Hy is baie opgewonde . Hy is, trouens, in ekstase as hy al die goed opnoem. Hy is ook taamlik onbeholpe as hy sy liefdesverklaring doen.Onthou, hy is ‘n plat boer wat sy meisie wil beïndruk met sy besittings.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask