<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 5

DIE ETE EN DIE ETER

Module 10

OOR WERKWOORDE EN NOG MEER

Die Werkwoord

Om werkwoorde te verstaan en uit te ken is nogal maklik. In ‘n volledige sin is daar altyd minstens een werkwoord. Die werkwoord dui die aksie aan. Ons kan werkwoorde dus uitken as doenwoorde.

AKTIWITEIT 1

OM HOOFWERKWOORDE, HULPWERKWOORDE EN DEELWOORDE KORREK TE GEBRUIK

[LU 6.2.12]

a) Soek die werkwoorde in die volgende paragraaf en merk hulle in kleur:

Langs die pad sien die dominee hulle. Hy gryp die jongste suster aan die hand, en daar sit hy ook vas! Dommie stap net vinnig aan en die dominee volg die drie meisies in die tou. Dit gaan maar swaar met hom, want hy is nie juis fiks nie.

b) Hulpwerkwoorde: Julle weet alreeds dat daar drie hooftye is, naamlik teenwoordige, verlede en toekomende tyd. In die paragraaf hierbo is al die werkwoorde in die teenwoordige tyd geskryf. Kom ons neem die eerste sin as voorbeeld:

Langs die pad sien die dominee hulle.

Verlede tyd: Langs die pad het die dominee hulle gesien.

Toekomende tyd: Langs die pad sal die dominee hulle sien.

Ons noem het ‘n hulpwerkwoord, want hy help om die werkwoord sien na die verlede tyd te verander. Die werkwoord kry dan ge- vooraan.

Die woord sal is ook ‘n hulpwerkwoord, want hy help om die

werkwoord _ na die _ tyd te verander.

Voltooi die volgende sinne deur die regte vorm van die werkwoord neer te skryf en waar dit nodig is ook die hulpwerkwoord in te vul.

Gisteraand na ete _ ek Mamma _ (help) om die tafel af te dek.

Die skole _ volgende week _ (sluit) vir die vakansie.

Wie _ my potlood se punt _ (breek)?

Juffrou _ môre besluit wie die prys _ (wen).

Deelwoorde: Dit is woorde wat afgelei word van werkwoorde en wat eindig op

-end of –ende in die teenwoordige tyd, soos:

Kinders wat speel, is spelende kinders.

Juffrou knik goedkeurend met haar kop.

As die werkwoord op –n eindig, eindig die deelwoord op –d(e), byvoorbeeld:

Hy is siende blind (hy is baie onoplettend).

Die _ leeu storm op sy prooi af. (brul)

Die _ kinders is baie vrolik. (lag)

Ek hou nie van _ voete nie. (sleep)

Die _ baba moenie gesteur word nie. (slaap)

Kyk of jy die volgende een kan regkry!

(v) Die kampioen is _ toegejuig. (staan)

Skryftekens

Daar is vier skryftekens wat julle reg moet kan gebruik, want dis baie belangrik om korrek te kan spel, naamlik:

die kappie ^

die deelteken ..

die koppelteken –, en

die afkappingsteken ’.

Julle het alreeds kennis gemaak met die afkappingsteken toe ons vroeër met meervoude gewerk het. Nou gaan ons meer leer oor die ander drie skryftekens.

AKTIWITEIT 2

OM LEESTEKENS (KAPPIE, DEELTEKEN, KOPPELTEKEN, AFKAPPINGSTEKEN) KORREK TE GEBRUIK [LU 6.1.4]

OM KORREKTE WOORDVERDELINGS TE HERKEN [LU 6.1.7]

Moenie vergeet van jou persoonlike woordelys op die laaste bladsy nie.

a) Die kappie

Woorde met ‘n kappie word in die volgende gevalle gebruik om die besondere klank van die klinker aan te dui. Dit dui meestal in oop lettergrepe die besondere lang e-klank in Afrikaanse woorde aan, byvoorbeeld:

affêre, bêre, blêr, êrens, hê, kêrel, kwêvoël, lê, lêer, liniêr, nêrens, rêrig, sê, skêr.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask