<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 9

Getalpatrone

Grafiese voorstellings

Vergelykings

Statistiek

Waarskynlikheidsleer

Module 13

‘n studie van grafieke

Wat is grafieke nou eintlik?

Aktiwiteit 1

Om sekere grafieke te bestudeer om hulle te kan verstaan

[lu 1.3, 5.5]

Grafiek A wys hoe die getal TV-stelle per 1 000 mense verander het tussen 1985 en 1995 in ses verskillende streke van die wêreld. Byvoorbeeld, in 1985 het Suid-Asië 20 TV-stelle per 1 000 mense gehad; in 1995 was daar 55 TV-stelle per 1 000 mense.

Grafiek B wys, op die vertikale as, die getal persone in die tronk in die Ver­enigde State van Amerika gedurende die jare aangetoon op die horisontale as. Byvoorbeeld, daar was 135 000 mense in die tronk in 1940.

  • Werk saam in pare; een werk met grafiek A om vraag 1 te beantwoord, en die ander een met grafiek B en vraag 2. Gee redes of verduidelikings vir alle bewerings.

1 Bestudeer grafiek A , en skryf dan antwoorde en verduidelikings neer vir hierdie vrae:

1.1 Watter streek het die laagste getal TV-stelle per 1 000 in 1985 gehad?

1.2 Watter streek het die hoogste getal TV-stelle per 1 000 in 1995 gehad?

1.3 In watter streek het die getal TV-stelle per 1 000 die meeste gestyg?

1.4 Is daar ’n streek waar die getal TV-stelle per 1 000 minder geword het?

1.5 Vergelyk Afrika Suid van die Sahara met die Arabiese State en lewer kommentaar op die verandering in TV-stel-getalle.

1.6 Gebruik nou jou verbeelding – hoe sou die situasie wees? – en trek ’n soortgely­ke grafiek wat twee ander streke wys: Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika.

2 Bestudeer grafiek B en beantwoord hierdie vrae:

2.1 Vanuit die grafiek, probeer skat hoeveel mense in die tronk was in:

a) 1930 b) 1950 c) 1995

2.2 Was daar in 1980 meer of minder as 200 000 mense in die tronk?

2.3 Die grafiek gaan afwaarts net ná 1940. Wat kan jy daaruit aflei?

2.4 Skryf neer rofweg hoeveel jaar dit geneem het vir die tronkbevolking om te verdubbel van wat dit in 1950 was.

2.5 Hoe lank het die tronkbevolking geneem om te verdubbel van wat dit in 1985 was?

2.6 Sou jy sê dat die getal mense in die tronk in die VSA pal styg? Gee redes.

2.7 As ’n mens die grafiek se boodskap lees, hoe meen jy sal die tronkbevolking van die VSA in die toekoms daar uitsien?

3 In Aardrykskunde tref ’n mens ’n interessante soort grafiek aan – ’n deursnee-tekening. Hier sien ’n mens hoe die hoogte bo seespieël varieer tussen twee plekke. Die een hieronder is vir die reguit lyn tussen Bottelaryberg en Papegaaiberg, twee heuwels naby Stellenbosch. Al die mates is in meter. Hieruit kan ons sien dat Bottelaryberg (links) ongeveer 470 m bo seespieël is, en Papegaaiberg ongeveer 255 m. As jy vanaf Bottelaryberg in ’n reguit lyn loop, kry jy ná ongeveer 2,5 km ’n holtetjie, en dan, oor nog ’n halwe kilometer, loop jy oor ’n klein heuweltjie.

  • So ’n grafiek is van besondere waarde vir padmakers aangesien dit die skuinsste van die terrein aantoon.
  • Dit is baie duidelik dat vanaf Bottelaryberg die hoogte sterk val oor ongeveer 750 m. Maar as jy van die kruin van Papegaaiberg af in die rigting van Bottelaryberg stap, neem dit die hoogte omtrent 1,5 km om net so ver te val, wat die roete heelwat minder steil maak.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask