<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die Turke se migrasie het beslis ‘n groot invloed op die bevolkingsamestelling van Duitsland. Op dieselfde manier het baie ander Europese lande se bevolking verandering ondergaan deur soortgelyke migrasie van veral lande wat vroeër hul kolonies was.

Aktiwiteit 1:

Om die verwante redes vir migrasie te bespreek

[lu 3.3]

Migrasie gister en vandag

  • In die kassie hierbo is die vernaamste redes waarom mense permanent tussen lande of streke migreer. Dui aan om watter rede die volgende migrasie in die verlede plaasgevind het, of vandag nog plaasvind, deur die simbool van jou keuse in die blokkie by elke beskrywing te skryf.
(a) Tussen 1860 en 1911 is groot getalle mense uit Indië na die destydse Britse kolonie Natal gebring om op suikerplantasies te werk. Die nageslag van hierdie mense woon vandag nog meestal in Kwazulu-Natal, een van ons land se nege provinsies.
(b) Die Islam-geloof is in die sewentiende eeu in Suid-Afrika gevestig, onder meer deur mense wat destyds deur die Hollanders uit hul oorsese gebiede verban is omdat hulle opstande teen die koloniale magte aangevuur het.
(c) Na die ontdekking van goud op die Witwatersrand in die laat negentiende eeu het baie Zoeloes daarheen gegaan om in die myne te werk. Dit is een van die redes waarom Zoeloe die huistaal van baie mense in die huidige Gauteng is.
(d) Die bevolking van die Amerikaanse stad Miami word aangevul deur Amerikaners wat daar gaan aftree, omdat hulle dwarsdeur die jaar kan vakansie hou en nooit weer so koud wil kry soos waaraan hulle in die noordelike state gewoond was nie. Sommige verkies ook die oorsese politieke bestel.
(e) Baie Suid-Afrikaners het in die afgelope 15 jaar die land verlaat en hulle in Australië, Nieu-Seeland of Kanada gaan vestig. Hulle glo dat hulle die salarisse wat hulle daar verdien, nooit in Suid-Afrika sal verdien nie.
(f) In 1846 het ‘n ramp Ierland getref toe die aartappeloes ‘n volslae mislukking was. Tienduisende het a.g.v. honger en ellende gesterf of geëmigreer. Ierland se bevolking het binne ‘n paar jaar met twee miljoen verminder.
(g) Jamaika, die eiland in die Karibiese See, is in 1494 deur Columbus “ontdek” en het in 1509 ‘n Spaanse kolonie geword. Agt Spaanse families het die eiland, toe Santiago genoem, beheer. Die oorspronklike bevolking, Indiaanse Arowakke, is in ‘n kort tyd uitgeroei en deur slawe uit Afrika vervang.
(h) Nagenoeg 90% van die Australiese bevolking woon in die suidoostelike deel van die land. Die binneland, hoofsaaklik steppe, woestyn en ook soutwoestyn, is prakties gesproke onbewoon.
(i) Koloniale regerings het bevind dat die plaaslike bevolking in baie Afrika-lande onbekwaam of onwillig was om by die nuwe ekonomie in te skakel, en het hulle werkers ingevoer. So het die Britte mense uit Indië ingevoer om die spoorlyn tussen Mombasa en Kampala (Uganda) te help bou. Die Indiërs het aangebly nadat hul kontrakte verstryk het, en vandag speel hulle die hoofrol in die ekonomie van die hele Oos-Afrika.

Grootskaalse emigrasie kan ‘n land baie nadelig beïnvloed.

As toestande mense dwing om hul land van geboorte permanent te verlaat, is dit gewoonlik die mees ondernemende mense, die entrepreneurs, wat die groot stap neem. Die res is dikwels te bang om hulle in die vreemde te waag. Die land van oorsprong se beste mensemateriaal gaan dan weg, wat die land verder benadeel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask