<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 9

Module 9

Direkte en indirekte rede

AKTIWITEIT 1:

Om sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede en andersom te kan verander. Jy moet ook punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde reg kan gebruik

LU 6.2
  • Hier volg ’n uiteensetting van hoe hierdie aktiwiteit werk:

A: Stellings

  • Direkte Rede: Hy het geantwoord: “Ek hou niks van hierdie fliek nie.”
  • Indirekte Rede: Hy het geantwoord dat hy niks van daardie fliek hou nie.

B: Vrae

  • Direkte Rede: Sy het gevra: “Hou julle van rillers of komedies?”
  • Indirekte Rede: Sy het gevra of hulle van rillers of komedies hou.

C: Bevele

  • Direkte Rede: Haar ma beveel: “Gaan haal dadelik jou vuil klere!”
  • Indirekte Rede: Haar ma beveel haar om dadelik haar vuil klere te gaan haal.
  • In die indirekte rede verander die voornaamwoorde .
Ek, jy WORD Hy of sy
Ons, julle WORD hulle
Myne, joune WORD Syne, hare
Ons s’n, julle s’n WORD Hulle s’n
  • In die indirekte rede verander die tydwoorde .
vandag WORD Daardie dag
vanjaar Daardie jaar
Volgende jaar Die jaar daarna
Volgende week Die week daarna
Môre Die volgende dag
gister Die vorige dag
Verlede jaar Die vorige jaar
oormôre Twee dae later
eergister Twee weke gelede
nou toe

  • In die indirekte rede verander die plekwoorde .
Hier, hierheen, hiernatoe WORD
  • Daar, daarheen, daarnatoe

BELANGRIK:

As iets op dieselfde plek en in dieselfde tyd oorvertel word, hoef hierdie woorde nie te verander nie .

  • Nou moet ons kyk of jy hierdie reëls kan toepas.

1 . Herskryf die volgende sinne in die indirekte rede .

..

1.1

Mev. Pretorius sê: “Ek en Jan is nog net so gelukkig as die dag toe ons getroud is. Pateties, nie waar nie?”

Aangepas uit: JIP, Die Burger , 5 Mei 2003

1.2

Die seuntjie vra: “Sal Tannie asseblief volgende keer blomkool leen? Ek haat blomkool!”

1.3

Die seuntjie sê: “Ma behandel my soos ’n huisplant – ek kry hopeloos te veel water!”

Aangepas uit: Huisgenoot , 28 Junie 2001

2 . Nou draai ons die proses om en kyk of jy die direkte rede kan gee. Wat is die onderskrif by elke grappie?

2.1

Aangepas Uit: Huisgenoot , 3 Mei 2001

(Mnr. Pretorius kondig aan dat hulle ’n spesiale verrassing vir die gaste het, en wel dat sy vrou nie daardie aand gaan sing of klavier speel nie!)

2.2

Aangepas Uit: Huisgenoot , 3 Mei 2001

(Die vrou vertel aan haar man dat sy sy sterreteken gelees het en dink dat hy liewer daardie dag in die bed moet bly!)

2.3

Aangepas Uit: Huisgenoot , 28 Junie 2001

(Die seuntjie sê aan die gaste dat hulle nie dan al moet gaan nie, want sy pa het die horlosie ’n uur vorentoe gedraai.)

2.4

Aangepas Uit: Huisgenoot, 28 Junie 2001

(Die seuntjie wil by sy ma weet wat hy en sy alles gaan aanvang nadat die skool gesluit het.)

LU 6.2

Assessering

LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik.;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalings, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1.1 Mev. Pretorius sê dat sy en Jan nog net so gelukkig is as die dag toe hulle getroud is. Sy sê-vra dat dit maar bra pateties is.

1.2 Die seuntjie vra of die tannie asb. die volgende keer blomkool sal leen, want hy haat dit (blomkool).

1.3 Die seuntjie sê vir sy ma dat sy hom soos ’n huisplant behandel – hy kry hopeloos te veel water.

2.1 “Dames en here, ons het ’n spesiale verrassing vir julle. My vrou gaan nie vanaand sing of klavier speel nie!”

2.2 “Ek het jou sterreteken gelees – bly liewer vandag in die bed!”

2.3 “Moenie nou al gaan nie – my pa het die horlosie ’n uur vorentoe gedraai!”

2.4 “Noudat die skool gesluit het, wat gaan ek en Ma alles aanvang?”

(Onthou, daar is baie variasies!)

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask