<< Chapter < Page Chapter >> Page >

“Ek as werknemer probeer om ‘n goeie spangees hier te hê.”

Die plukkery hou vir ‘n maand en ‘n half aan, maar daar is heeljaar werk vir die vroue. In die kelder botteleer, etiketteer en verpak hulle die wyn.

Maar parstyd bly die lekkerste. “Dan jaag almal, almal is vrolik, hier’s nuwe mense wat bykom, ons ontmoet mekaar in die land en dan’s ons vrolik by mekaar.”

Alles gebeur tussen die “paletjies”, verduidelik sy. Dis die opleipale tussen die wingerdstokke. “Jy kry jou ponskaartjie met jou naam op (sy vroetel in haar voorskootsak vir hom), jy kry jou balie en dan vat jy jou paal en jy begin te sny. Van daai paal tot daai paal is daar agt stokke in ‘n boom, so kry jy jou balie vol, en jy kry ‘n pons, en dan kom die draer en jy slaat weer oor na die volgende paletjie.”

Die trossies val een vir een, wys sy met haar knippertjie. “As jy een mis moet jy later terugkom om jou paal skoon te sny.”

Magdaleen is in die Tygerberg gebore. Al is Bloemendal nie haar geboorteplek nie, sê sy, het sy daar kom wortel skiet. Haar man, Johannes, is een van die drywers, hy ry op die oomblik met die trekker die druiwe rond.

Sy het reeds voorheen saam met ‘n vrouespan gewerk, by ‘n skrootwerf op die Vissershokpad. “Régte manswerk. Ek was daar ook toesighouer. Toe kry my man hier werk, en ons trek hierheen. Ek is bly ons het hier kom vashaak, druiwe is vir my beter as skroot. Ek sal maar hier aangaan soveel as my liggaam my kan dra.”

( Kaapse draai deur Hanlie Retief, Rapport 2 Maart 2003)

(b) Skryf die swartgedrukte woorde uit bostaande leesstuk neer en daar langsaan die teenoorgestelde geslag. (Daar is 10 woorde.)

(c) Verskaf die teenoorgestelde geslag van die swartgedrukte woorde in die volgende sinne:

  1. My kêrel is my broer se vriend .
  2. Die bruid en strooimeisie was mooi aangetrek.
  3. Die koning is ‘n wewenaar .
  4. Die beoordelaar het die sanger aan die bloemiste voorgestel.

(d) Ons fokus nou net op die laaste twee paragrawe van “Dis weer pure parstyd in die Boland. Skryf vyf eiename uit die laaste 2 paragrawe van die leesstuk neer.

(e) Wat is ‘n skrootwerf?

(f) Regte manswerk . Ek was daar ook toesighouer . Skryf die teenoorgestelde geslag van die swartgedrukte woorde neer.

(g) “Ek sal maar hier aangaan soveel as my liggaam my kan dra.” Skryf die verkleinwoord van liggaam neer.

(h) Haar man, Johannes, is een van die drywers . Skryf die enkelvoud van drywers neer.

Assessering

LU 2
PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oor:
2.1.3 deel idees en lug mening oor uitdagende onderwerpe op ‘n logiese, samehangende en gestruktureerde manier (soos: plakkaataanbiedings, verslae, debatte).
LU 4
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe:
4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes, bv. limerieke);
4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae);
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s);
4.2 ontwikkel en organiseer idees deur die skryfproses:
4.2.1 hou ‘n dinkskrum oor idees vir ‘n onderwerp en ontwikkel idees deur ‘n wye verskeidenheid bronne te raadpleeg, gepaste inligting te kies en idees te organiseer deur strategieë soos kopkaarte, vloeidiagramme en roosters te gebruik;
4.3 lewer netjiese werk met spesifieke aandag aan aanbieding (soos: omslag, inhoudsopgawe, uitleg, gepaste illustrasies of grafika).
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.3 verwerk inligting:
5.3.5 verander inligting van een taal na ‘n ander.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.2 werk met sinne:
6.2.7 verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas;
6.2.9 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt, afkappingsteken, aanhalingstekens;
6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;
6.4 ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:
6.4.6 toon kennis van die gebruik van ‘n verskeidenheid idiomatiese uitdrukkings;
6.6 gebruik metataal:
6.6.1 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor taal te praat (terme soos neologismes).

Memorandum

Aktiwiteit 13.3 (a)

(i) Hulle baklei soos kat en hond

  1. Die kalf is in die put, so dit help nie dat jy nou wil studeer nie
  2. ‘n Halwe eier is beter as ‘n leë dop
  3. Hy suig die storie uit sy duim en dis heeltemal onwaar
  4. Sy eet met lang tande, want sy is reeds versadig

Aktiwiteit 3

  • Dis eiename (noemname)
  • Fishfinger, Safe Traffic, Desember, Jip, Mej. Matriek-kompetisie, Bloemendal-restaurant en PVC
  • Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag, Saterdag en Sondag
  • Eie adres
  • Hier word Pa as ‘n eienaam (noemnaam) gebruik.
  • Bv. Sal Oom my met die taalleer help?

Dit is my oom se motor.

  • Bv. Die Huisgenoot
  • Bv. Sirkelmaan (enige titel)

(i) Eiename (noemname) van plekke, mense, tydskrifte, straatname, ens. word altyd met ‘n hoofletter gespel.

Aktiwiteit 4

(a) Kan nie wag daarvoor nie.

Nie om twee snotneuse, ‘n vlooisak van ‘n hond en ‘n dikbek wederhelf mee te vervoer nie.

(b)

(i) Martli het nie ‘n vraag gevra nie

(ii) Sarel is nie die wenner nie

  • Was jy nog nooit oorsee nie?
  • Niemand het dit gesê nie
  • Niks het verlore gegaan nie

Aktiwiteit 5 (a)

  • lys lyste lysie
  • reeks reekse reeksie
  • prys pryse prysie
  • kompetisie kompetisies kompetisietjie
  • meisie meisies meisietjie
  • week weke wekie
  • bestanddeel bestanddele bestanddeeltjie
  • modebykomstigheid modebykomstighede modebykomstigheidjie
  • ou ouens outjie
  • winkelrak winkelrakke winkelrakkie
  • sak sakke sakkie

(b)

  • sy – hy
  • leidster – leier
  • Bloemendal-vrouespan – Bloemendal-manspan
  • vroue – mans
  • eienaar – eienares
  • wynmaker - wynmaakster
  • vroulike – manlike
  • werkers – werksters
  • spanleier – spanleidster
  • werknemer – werknemer/werkneemster

(c)

(i) nooi, suster, vriendin

  1. bruidegom, strooijonker
  2. koningin, weduwee
  3. beoordelares, sangeres, bloemis

10.

(c) Magdaleen, Tygerberg, Bloemendal, Johannes, Vissershokpad

(d) ‘n Plek waar afvalmetaal verwerk en geberg word

(e) vrouewerk, toesighoudster

(f) liggaampie

(g) drywer

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10995/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask