<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Die dier met die ontdekkingsgier

Module 12

Huberta se lot

1. Berei die volgende gedig voor vir hardoplees:

Huberta

Het Huberta die seekoei op ‘n dag begin dink,

daar buite is ‘n wêreld vol avontuur wat wink?

Want so het sy eendag op reis gegaan,

haar weg deur suikerrietlande en riviere gebaan.

Gebore by St. Lucia in die ou Zoeloeland,

was sy orals bekend, selfs tot in Engeland.

Sy het 2 000 kilometers gereis, so alleen,

Net sy het geweet waarom en waarheen.

Die doel van haar reis bly haar geheim;

haar roete was suidwaarts, al langs die kuslyn.

Byna drie jaar lank het haar tog geduur –

het 'n heimee na maats haar dalk aangevuur?

Huberta die seekoei is tragies dood,

haar logge liggaam deurboor met lood.

Die moordenaars het aan die pen gery

en uiteindelik wel hul straf gekry.

Vandag nog word sy beskou as heldin,

hierdie dapper seekoei, haar soort is min!

Nou staan sy opgestop in ‘n museum,

toonstuk vir besoekers oor die wêreld heen.

[LU 3.6.1]

NUWE WOORDE

geheim secret logge clumsy
aan die pen ry get punished roete route
moordenaars killers aangevuur inspired
deurboor riddle straf punishment
koeëls bullets heldin heroine
lood lead opgestop stuffed

2. Hoewel Huberta se lewe tragies geëindig het, is dit nie die einde van haar verhaal nie. Haar vel en skedel is na Engeland gestuur om opgestop te word .

Op 4 Desember 1931 het Huberta weer na Suid-Afrika toe vertrek aan boord van ‘n skip.

‘n Persoon wat diere opstop, word ‘n taksidermis genoem.

Wat noem ons die volgende persone?

Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande beroepe:

dokter; boer; kok; predikant; taxibestuurder; verpleegster; tandarts; tuinier; haarkapper; verwer.

(a) ‘n _ is iemand wat ‘n plaas besit en bewerk.

(b) ‘n _ is iemand wat ‘n taxi bestuur.

(c) ‘n _ is iemand wat die mure van ‘n huis of gebou verf.

(d) ‘n _ is iemand wat mense se tande versorg.

(e) ‘n _ is iemand wat kos kook.

(f) ‘n _ is iemand wat siek mense gesond maak.

(g) ‘n _ is iemand wat in die tuin werk.

(h) ‘n _ is iemand wat siek mense in die hospitaal versorg.

(i) ‘n _ is iemand wat mense se hare versorg.

[LU 6.3.6]

3. Dieremaniere: Mondeling en Skryfwerk

Verdeel in groepe. Elke groep gaan saamwerk aan ‘n projek. Julle moet ‘n bietjie inligting insamel. Die projek moet geïllustreer word met prentjies wat julle by die inligting plak. Julle kan natuurlik self teken ook!

Elke groeplid sal een van die afdelings mondelings voordra.

[LU 2.3.5]

Kies een van die volgende diere:

Die seekoei

Die leeu

Die olifant

Die jagluiperd

Die kameelperd

Die witrenoster

Die sebra

In die projek moet julle die volgende bespreek:

(a) Woonplek of habitat

(b) Grootte

(c) Gewig

(d) Leeftyd

(e) Eetgewoontes of jaggewoontes (afhangende van dier)

(f) Hoeveelheid kleintjies en hulle versorging.

Die projek kan in boekvorm wees, of op ‘n plakkaat gedoen word.

Julle opvoeder sal vir julle sê wanneer die projek moet klaar wees.

[LU 4.3.1]

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.1.4 druk gevoelens uit;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:

2.3.1 vertel ‘n reeks gebeurtenisse oor deur verbindingswoorde te gebruik;

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.3 speel speletjies wat taal betrek.

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel (soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?)

3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:

3.2.1 woorde wat rym (soos: koning, toring);

3.3 lees vir inligtng:

3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);

3.3.5 maak, met ondersteuning, ‘n opsomming van ‘n paragraaf (rangskik byvoorbeeld gegewe sinne om ‘n opsomming te vorm);

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;

4.1.6 druk mening skriftelik uit en gee ‘n rede daarvoor (soos waarom ‘n boek interessant of vervelig is);

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken) in alledaagse woorde;

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);

6.2.9 determineerders en telwoorde om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).

Memorandum

2.

(a) boer

(b) taxibestuurder

(c) verwer

(d) tandarts

(e) kok

(f) dokter

(g) tuinier

(h) verpleegster

(i) haarkapper

(j) predikant

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask