<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Die wapse vier fees!

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

TYDSKEDULE

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Die Toebels is Willie se maats. Hulle bly in tonnels in die grasland. Die reën veroorsaak ‘n vloed. Die uil weet wat om te doen. Daar is stories om te lees, verjaardagkaartjies om te maak en probleme om op te los.

Skrif
en , , , ,
klanke ,

INTEGRASIE VAN TEMAS

Sosiale geregtighede

  • Leerders kan betrokke raak deur mense wat rampe oorleef het, te help.

n Gesonde omgewing

  • Reën is belangrik vir mens en dier.

Menseregte

  • Elkeen het ‘n reg tot skoon drinkwater.

Laat die leerders die sinne lees en die prent teken. Hulle kan dit eers in groepe lees en later individueel.

Gesels met die leerders oor voorwerpe, kinders en troeteldiere wat wegraak. Wat moet hulle doen om te keer dat hulle of hulle troeteldiere wegraak? (Sorg dat jou ouers altyd presies weet waarheen jy gaan en hoe laat jy gaan terug wees. Sorg dat jy jou adres en ouers se telefoonnommer ken. Moenie wegdwaal van jou ouers af nie. Sorg dat jou troeteldier binne julle erf bly. Sorg dat hulle ‘n halsband dra met julle besonderhede op). Wys vir die leerders advertensies in die koerant van troeteldiere / besittings wat weg is, of laat hulle dit self van die huis af bring.

Die leerders gaan nou ‘n storie vertel met ‘n begin, middel en einde oor ‘n hond, Ore, wat weggeraak het. Die storie kan nog maar baie kort en eenvoudig wees. Laat hulle die storie in drie dele opdeel. (Lei hulle om dit te beplan.) Hulle moet ‘n prentjie vir elk van hierdie dele teken en die storie aan die hand van die prente vir die klas vertel.

Laat hulle nou ook hierdie storie in nie minder nie as drie sinne neerskryf. Die onderwyser sal hulle met woordeskat moet help, aangesien elke kind se storie anders beplan is. Hier is dit dan ook ‘n goeie idee om die leerders se woordeskatboekies te gebruik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask