<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

Module 11

SKRYF VERBEELDINGRYK

Aktiwiteit 1

Om te soeklees vir spesifieke besonderhede [LU 3.1.1]

Lees die onderstaande paragraaf een keer aandagtig deur.

In die noorde van Afrika is die Saharawoestyn. Baie van die woestynbewoners bou hul huise diep onder die grond. Hulle grawe tonnels van sowat 9 meter diep in die sagte grond. Daar is nie genoeg klippe of bome in die woestyn om huise mee te bou nie. Onder die grond is hulle beskut teen sandstorms en kry hulle makliker water. Dis ook koeler daar. Hulle grawe eers ‘n groot binnehof waaruit die deure na die ondergrondse kamers lei.

Jy het nou ‘n goeie begrip van die inhoud daarvan. Soeklees na die korrekte feite, sodat jy die ontbrekende woorde in die volgende sinne kan invul.

Baie van die .................................. –woestyn se bewoners bou hulle huise

............................ die grond, want daar is te min .................................... en .....

................................ in die woestyn. Die grond is ...................................... en

tonnels van ongeveer ............................................ diep kan gegrawe word.

Ondergrondse huise is beskut teen ..................................., dis..........................

en is maklik bekombaar. Die deure uit die ondergrondse kamers lei uit ‘n .......

............................................................................................................................

............................................................................................................................

Ek is seker dat jy sal saamstem dat sakgeld baie welkom is. ‘n Mens moet egter werk daarvoor, want jy kry nie veel in die lewe verniet nie!

Werk is deesdae skaars. Jy kan egter met ‘n bietjie ondernemingsgees en entoesiasme op ‘n hele paar maniere ekstra geld verdien.

Jy kan jou dienste ook beskikbaar stel om mense se wonings te “versorg” wanneer hulle met vakansie gaan. Daar is gewoonlik tuine wat natgelei moet word, potplante wat moet water kry en pos wat uit die posbus gehaal moet word. Dikwels is daar ook troeteldiere wat versorg moet word. Adverteer jouself en ek is seker jy gaan elke vakansie, of selfs naweke, werk hê.

Op die volgende bladsy is ‘n voorbeeld van so ‘n advertensie. Jy kan dit adverteer by die kafee in jul woongebied óf dit op die plaaslike winkelsentrum se kennisgewingbord aanbring. Selfs die biblioteek het ‘n kennisgewingbord vir sulke advertensies.

Aktiwiteit 2

Om ‘n advertensie te ontwerp [LU 4.1.3]

Ontwerp nou jou eie advertensie waarin jy jou dienste aanbied om na mense se wonings om te sien.

Aktiwiteit 3

Om werk te hersien deur maats se terugvoer te gebruik [LU 4.2.3]

Verdeel in groepies en assesseer nou mekaar se advertensies. Antwoord JA of NEE op die eerste vyf vrae.

Wat assesseer ek?: Ontwerp van ‘n advertensie

Selfassessering / Maat- (portuur-) assessering/ groep / opvoeder

KRITERIA

  1. Tref die advertensie dadelik jou oog? (bv. kleurgebruik) ...............
  2. Is daar kleurgebruik? ..............
  3. Is die ontwerp kreatief? ...............
  4. Is die uitleg, spasiëring en lettergroottes in verhouding? (Maklik leesbaar, nie opmekaar of té klein nie) ...............
  5. Dink jy die opsteller van die advertensie het sy/ haar/ hul bes gedoen? ........................
  6. Ek / ons moet die volgende verbeter: .............................................................

.........................................................................................................................

.........................................................................................................................

.........................................................................................................................

.........................................................................................................................

Assessering

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes lees (soos gedigte, stories, mites, brosjures, naslaanboeke en handboeke):

  • onafhanklik lees deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik:
  • vir spesifieke besonderhede soeklees;
  • voorspellings maak deur kontekstuele leidrade te gebruik om betekenis vas te stel en afleidings maak.

LEERUITKOMS 4: SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

4.1.3 verskeie mediatekste vir verskillende teikengroepe skryf en ontwerp (soos plakkate, strokiesverhale, eenvoudige brosjures);

4.2 idees deur die skryfproses ontwikkel en organiseer:

4.2.3 ’n konsep-/eerste weergawe skryf met gepaste taal en konvensies vir die spesifieke doel en teikengroep.

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a)

Sahara onder klippe bome sag 9 m
sandstorms koeler water (groot) binnehof (10)

(b) Hannes die Huisvriend

Aktiwiteit 2 Eie advertensie

Aktiwiteit 3 Hersiening

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask