<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Gewone breuke en desimale breuke

Desimale breuke

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Daar is 5 modules:

1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking

2. Vermenigvuldiging en Deling

3. Breuke en Desimale Breuke

4. Meting en Tyd

5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid

4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.

3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)

LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n voortsetting van die werk wat in graad 5 gedoen is. Daar word uitgebrei op die optelling en aftrekking van breuke, en die berekening van ‘n breuk van ‘n sekere hoeveelheid word ook hersien.
  • Maak seker dat die leerders die korrekte terminologie bemeester het, asook die korrekte strategieë om bogenoemde korrek te bereken.
  • Kritieke Uitkoms 5 (Effektiewe kommunikasie deur visuele, simboliese, en/of taalvaardighede op verskillende maniere te gebruik) is hier van toepassing.
  • 3 weke behoort voldoende te wees om hierdie module te voltooi.
  • ** Aktiwiteit 17 is ‘n taak vir die portefeulje. Hoewel dit ‘n baie eenvoudige opdrag is, moet leerders in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE

  • Hierdie module is ‘n uitbreiding op werk wat in graad 5 afgehandel is. Leerders moet nou in staat wees om desimale breuke korrek af te rond tot die naaste tiende, honderdste en duisendste. Beklemtoon weer die korrekte metode om op te tel en af te trek (vertikaal). Gee ook baie aandag aan die vermenigvuldiging en deling van desimale breuke.
  • Aangesien leerders laasgenoemde nogal moeiliker vind, kan 3 - 4 weke aan dié module spandeer word.
  • ** Aktiwiteit 19 is ‘n taak vir die portefeulje. Die opdrag is baie eenvoudig, maar leerders moet in staat wees om dit netjies en akkuraat uit te voer. Leerders moet voor die tyd weet hoe opvoeders die taak gaan assesseer.

1. 165,2 ℓ

2. 372,564

3. 56,42 kg

4. 147,431 m

5. en 6. eie verduideliking

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om te bereken deur bewerkings te kies wat geskik is om probleme op te los [lu 1.8.8]

Vir die volgende aktiwiteit moet julle in groepe van drie saamwerk. Vra jul opvoeder vir die nodige papier. Lees die probleme goed deur en kyk of julle die antwoorde kan vind. Onthou om jul bewerkings te wys!

1. Mnr. Katlego moes hierdie maand drie keer petrol ingooi om die passasiers in sy minibus te vervoer. Hy het eers 59,81 liter, toe 48,65 liter en toe 56,75 liter petrol ingegooi. Hoeveel liter petrol is vir die maand in sy minibus gegooi?

2. Wat is die verskil tussen 900 en 527,436?

3. Didi was baie oorgewig en het besluit om ‘n plan te maak. Voor haar dieet het sy 143,21 kg geweeg. Na ‘n paar maande het sy 86,79 kg geweeg. Hoeveel kg gewig het Didi verloor?

4. Mnr. Naidoo het besluit om sy klas na die wildtuin te neem. Daar het hul die volgende interessante inligting bekom:

10 diere Lengte/Hoogte
SebrasKameelperdeVolstruiseOlifanteSeekoeie 15,3m56,08m23,158m38m14,893m

As jy al hierdie diere op mekaar sou stapel, hoe hoog sou hulle staan?

5. Verduidelik aan die res van die klas hoe julle groep die antwoorde bereken het?

6. Vergelyk jul metodes. Hoe verskil hulle van mekaar?

TYD VIR SELFASSESSERING!

Beoordeel jul werk op ‘n skaal 1 – 4 deur die toepaslike syfer te omkring:

1 = benodig aandag 2 = redelik goed 3 = baie goed 4 = uitstekend

KRITERIA KODE
Alle groeplede het aan die aktiwiteite deelgeneem. 1 2 3 4
Lede van die groep het na mekaar geluister. 1 2 3 4
Groeplede het mekaar in die groep gehelp en aangemoedig. 1 2 3 4
Groeplede het by die opdrag gebly. 1 2 3 4
Elkeen het ‘n kans gekry om te praat. 1 2 3 4
Die groep se werk is netjies gedoen. 1 2 3 4
Die antwoorde is korrek bereken. 1 2 3 4

KOM ONS KYK WEER:

Wanneer ons desimale breuke optel en aftrek, kan ons dit onder mekaar skryf en dan gewoonweg optel. Die kommas moet egter presies onder mekaar wees om die korrekte antwoord te verseker.

Bv. x = 19,046 + 3,49 + 127,6

1 9 , 0 4 6

3 , 4 9

+ 1 2 7 , 6

1 4 0 , 1 3 6

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:

1.8.8 optel en aftrek van positiewe desimale met minstens 2 desimale plekke.

Questions & Answers

how to study physic and understand
Ewa Reply
what is conservative force with examples
Moses
what is work
Fredrick Reply
the transfer of energy by a force that causes an object to be displaced; the product of the component of the force in the direction of the displacement and the magnitude of the displacement
AI-Robot
why is it from light to gravity
Esther Reply
difference between model and theory
Esther
Is the ship moving at a constant velocity?
Kamogelo Reply
The full note of modern physics
aluet Reply
introduction to applications of nuclear physics
aluet Reply
the explanation is not in full details
Moses Reply
I need more explanation or all about kinematics
Moses
yes
zephaniah
I need more explanation or all about nuclear physics
aluet
Show that the equal masses particles emarge from collision at right angle by making explicit used of fact that momentum is a vector quantity
Muhammad Reply
yh
Isaac
A wave is described by the function D(x,t)=(1.6cm) sin[(1.2cm^-1(x+6.8cm/st] what are:a.Amplitude b. wavelength c. wave number d. frequency e. period f. velocity of speed.
Majok Reply
what is frontier of physics
Somto Reply
A body is projected upward at an angle 45° 18minutes with the horizontal with an initial speed of 40km per second. In hoe many seconds will the body reach the ground then how far from the point of projection will it strike. At what angle will the horizontal will strike
Gufraan Reply
Suppose hydrogen and oxygen are diffusing through air. A small amount of each is released simultaneously. How much time passes before the hydrogen is 1.00 s ahead of the oxygen? Such differences in arrival times are used as an analytical tool in gas chromatography.
Ezekiel Reply
please explain
Samuel
what's the definition of physics
Mobolaji Reply
what is physics
Nangun Reply
the science concerned with describing the interactions of energy, matter, space, and time; it is especially interested in what fundamental mechanisms underlie every phenomenon
AI-Robot
what is isotopes
Nangun Reply
nuclei having the same Z and different N s
AI-Robot
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask