<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 5

Grafiese kommunikasie

Module 9

Vervaardiging

OPDRAG 1:

Beplanning

[LU 1.10]

Voordat ons die speletjie gaan maak, moet ons eers deeglik BEPLAN.

a. Watter materiale gaan ek gebruik om die bordspeletjie te maak?

b. Watter aksies gaan ek uitvoer (bv. knip, gom, ens.)

c. Watter gereedskap gaan ek gebruik om die speletjie te maak?

d. Hier is riglyne vir die basiese stappe wat gevolg moet word. Bepaal hoeveel tyd jy vir elke stap sal benodig as jy twee uur tot jou beskikking het.

Stappe Tydsduur
1. Uitknip van karton van 30 cm by 30 cm.
2. Oortrek van karton met geskenkpapier.
3. Oorteken van ontwerp op skaal op wit bladsy.
4. Inkleur/versier van bord met die nodige potlode/penne/khoki’s.
5. Uitknip van vierkant met grootte van ± 25 cm by 25 cm.
6. Vasplak van vierkant op karton.
7. Aanbring van naam van speletjie op buitekant.
8. Saamstel van pamflet met reëls.
9. Oortrek van tandepastadosie met geskenkpapier en vasplak.
10. Plasing van reëls en toerusting in tandepastadosie.
2 h

Voordat jy jou finale speletjie maak, is dit belangrik om uit te toets of jou speletjie sal werk. Teken ‘n PROTOTIPE (voorbeeld) rofweg in jou klaswerkboek en speel jou speletjie met ‘n maat. Maak veranderinge nou , indien dit nodig is. Skryf jou verandering neer.

OPDRAG 2:

Maak nou die bord van jou bordspeletjie

[LU 1.9]

Voordat ons die speletjie gaan maak, moet ons eers deeglik BEPLAN.

  • Werk jy deeglik en planmatig sonder om oorhaastig te wees?
  • Heg jy die dele noukeurig sodat dit nie later sal lostrek nie?
  • Meet jy akkuraat uit volgens die vereistes?
  • Werk jy in ‘n logiese volgorde ?
  • Vee jy die potloodlyne uit as jy die finale lyne met pen/khoki oortrek?
  • Kleur jy egalig in ?
  • Gebruik jy die materiale tot jou beskikking spaarsamig ?
  • Is die oppervlaktes waar jy papier op die karton moet plak glad en gelyk ?
  • Hou jy jou werkoppervlak netjies ?
  • Is jou werkoppervlak goed georganiseerd , sodat jy so doeltreffend moontlik kan werk?

OPDRAG 3:

Teken op skaal

[LU 1.12]

Jy moet nou leer om die plan van jou speletjie op skaal te vergroot.

Instruksies

  • Gaan terug na jou finale ontwerp by nr. 3 van Ontwerp.
  • Verdeel nou met jou potlood en liniaal dié vierkant in 25 klein vierkantjies van 1 cm by 1 cm.
  • Teken noukeurig ‘n groot vierkant van 25 cm by 25 cm op die groot vel wit papier. Teken die raam donker oor met ‘n permanente merker.
  • Verdeel nou met jou potlood en liniaal dié vierkant in 25 klein vierkantjiesvan 5 cm by 5 cm.
  • Nou is jy gereed om jou ontwerp met potlood op die groot wit bladsy oor te bring. Teken die inhoud van elke vierkantjie in jou klein ontwerpie groter in die ooreenstemmende vierkante van die groot wit papier.

  • Watter elektroniese uitvindsel kan jou ontwerp vergroot? Watter voordeel het die gebruik van so ‘n masjien?
  • As jy tevrede is met jou ontwerp, kan jy die belangrikste lyne donkerder trek met ‘n permanente merker.
  • Nou kan jy die inkleurwerk/verdere versiering voltooi.

OPDRAG 4:

[LU 1.8]

Drie belangrike vereistes, behalwe natuurlik vir die inhoud van die pamflet met die reëls , is dat dit netjies , leesbaar en sonder spelfoute moet wees. Met die onderwyser se toestemming mag jy tuis die pamflet op ‘n rekenaar tik en uitdruk of met die hand in drukskrif skryf op ‘n A 4-papier.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask