<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 6

Strukture

Module 8

Wat is ‘n raamstruktuur?

Inleiding tot raamstrukture

opdrag 1:

Wat is ‘n raamstruktuur?

LU/AS 2.1

Dit is wat verbind word om ‘n te vorm.

Ondersteuning word dikwels van die verleen,

dus word die raam soms weggesteek deur ‘n .

  • ‘n Brug of ‘n toring soos ‘n windpomp is goeie voorbeelde van raamstrukture.

opdrag 2:

Kom ons maak papierstrooitjies om ‘n raamstruktuur mee te bou. Gebruik ou A4-folio’s, ‘n ronde stokkie/lang potlood en houtlym.

LU/AS 1.8

Instruksies:

a. Vou ‘n vel papier om ‘n vierkant te vorm. Knip die oorblywende deel af.

b. Rol die strooitjie om ‘n potlood/ronde stokkie deur by een hoek van die vierkant te begin en by die ooreenstemmende hoek te eindig.

c. Rol die papier baie stewig om die potlood en rol op ‘n plat oppervlak.

d. Gom die punt van die papier met houtlym en plak stewig vas.

e. Verwyder die stokkie uit die strooitjie deur dit liggies te draai en dit uit te trek.

OPDRAG 3:

Kom ons oefen om papierstrooitjies te las. Daar is verskillende maniere.

LU/AS 1.2
LU/AS 1.8

Manier 1:

Om ‘n langer strooitjie te verkry, kan jy die een strooitjie se punt in die ander indruk en draai. Gebruik ‘n bietjie gom om stewig te heg.

Manier 2:

Gebruik ‘n gompistool om hoeke vinnig en stewig te heg.

Manier 3:

a. Merk die verlangde lengte van die strooitjies. Knip dit netjies en reguit af met ‘n kombuisskêr .

b. Druk die kante plat met ‘n hamer of met jou hand en merk die posisie vir die gaatjies.

c. Druk gaatjies in met ‘n ponsmasjien en verbind die strooitjies dan met ponsdrukkertjies of spleetspelde.

Manier 4:

Gebruik kort stukkies pypskoonmakers wat jy buig. Gom dit vas.

LU/AS 1.8

Agtergrond:

Voordat jy jou eie brug gaan ontwerp en maak, gaan ons eers soorte brûe ondersoek.

Wat is ‘n brug?

Dit is ‘n struktuur wat ‘n afstand oorspan en wat ook sekere dinge kan ondersteun .

  • Van die vroegste tye af het die mens brûe gebou om sekere hinernisse te oorbrug om iewers te kom. Die BALKBRUG is die eerste en eenvoudigste tipe brug. Die eenvoudigste een bestaan uit een balk wat op twee oppervlaktes weerskante rus om so die oppervlaktes met mekaar te verbind.

LU/AS 1.2

Probleem:

Hoe sou dié oerbewoner oor die rivier kom?

Lank gelede het die bewoners balkbrûe van klip gebou maar slegs kort afstande kon oorspan word. Vandag word gewapende betonbalke, hout of staal gebruik om groter afstande te oorspan. Dan word die balke soms deur een of meer pylers aan die onderkant gesteun.

Wanneer ‘n balkbrug versterk word deur ‘n raamwerk van stawe in ‘n driehoekige vorm bo of onder die balk, word so ‘n brug ‘n VAKWERKBRUG genoem. Brûe oor spoorlyne is soms sulke tipes brûe.

‘n Vakwerkbrug

‘n BOOGBRUG word gebou as diep klowe en riviere oorspan moet word en dit nie moontlik is om pylers op te rig nie. Die boog word bo of onder die balk gebou om dit te versterk en strek van een oewer tot by die ander.

‘n Boogbrug

‘n HANGBRUG word gebou om groot afstande te oorbrug. Die pad hang letterlik aan baie sterk staaltoue wat tussen torings gespan is.

‘n Hangbrug

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Ondersoek:
1.2 vind uit oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en identifiseer en vergelyk die ontwerpaspekte daarvan (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk; waarvan dit gemaak is, hoe dit werk, of dit die omgewing sal affekteer);
1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik;
Ontwerp:
1.4 skryf of kommunikeer ‘n ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en stel die tegnologiese doel van die oplossing duidelik;
1.5 stel minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voor wat duidelik met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, veiligheid, omgewingsimpak, voorkoms) skakel, en teken dit aan;
Maak:
1.7 ontwikkel planne met besonderhede oor die stappe om dinge te maak, insluitend tekeninge of sketse wat help om die planne duidelik te stel;
1.8 kies en gebruik gepaste gereedskap en materiaal om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.9 werk doeltreffend en veilig;
Evalueer:
1.10 evalueer die produk volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, omgewingsimpak, veiligheid, voorkoms), en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;
1.11 evalueer die aksieplan wat gevolg is en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;
Kommunikeer:
1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer.
Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
Verwerking:
2.2 toon kennis en begrip van die redes waarom verskillende soorte materiaal verswak of bederf en van maniere om dit te preserveer (bv. deur dit te droog, oor te trek, in te maak, te verseël).

Memorandum

Opdrag 1

  • dele van raam
  • binnekant
  • vel

Opdrag 2

  • ‘n driehoekige raamstruktuur
  • manier 4
  • agtergrond
  • oplossing
  • skets van ‘n afgekapte boom oor ‘n rivierkloof

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask