<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

My loopbaan vorentoe

Module 11

Waardes

Waardes

Om vas te stel wat ons persoonlike waardes is, is ‘n baie belangrike deel van ons toekom­stige sukses en geluk. Waardes beteken hoe ons voel oor wat in die betrokke werk gedoen word en die bydrae wat dit maak tot die samelewing. Dit sluit ook in die omstandighede waarin ons werk, soos of dit binne of buite is, en ook wat ons in die spesifieke beroep kan verdien (die inkomste-potensiaal).

  • Kom ons kyk wat jou persoonlike waardes is. Beoordeel dit volgens die 4-punt skaal met die volgende waardes:

1 = Glad nie soos ek nie 3 = Nogal soos ek 2 = Effens soos ek 4 = Definitief soos ek

WAARDES 4 3 2 1
Wil bydra tot die verbetering van die wêreld waarin ons leef
Wil mense help met hul probleme
Wil in ‘n groep saam met ander mense werk
Wil alleen werk
Wil met ander mense kompeteer
Wil in staat wees om eie besluite te neem
Wil onder druk werk (teen tyd werk)
Wil ander mense se houdings en opinies verander
Wil betrokke wees by soek na kennis en begrip
Wil betrokke wees by kuns, musiek en drama
Wil die skoonheid van dinge bestudeer en waardeer
Wil toesig hou oor die werk van ander mense
Hou van aktiwiteite wat gedurig verander
Wil graag met inligting werk
Wil seker wees van jou werksroetine en pligte
Wil graag nuwe metodes en programme ontwerp
Hou van situasies waar groot akkuraatheid van belang is
Wil hê dat mense jou bydrae raaksien
Wil gereeld opwinding in jou werk beleef
Wil weet dat jy baie geld kan verdien
Wil graag self oor die aard van jou werk besluit

[LU 5.2]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 5
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors;
5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer;
5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek;
5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek;
5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask