<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 10

Seuns van die wolke

Seuns van die wolke

Hierdie boek het in 1932 verskyn. In die voorwoord vra die skrywer dat ons, die lesers, van ons daaglikse sorge vergeet en saam met hom in ons verbeelding die toekoms invlieg om by die kinders van die toekoms te gaan kuier en te sien hoe hulle die lewe op die aarde geniet. Die verhaal speel in 2034 af!

Ou tafelberg

Om sewe-uur die volgende oggend loop die elektriese wekker met 'n geweldige geraas af. Elke vyf minute herhaal hy die wrede gerammel. Baie onwillig kruip Piet uit sy bed uit met 'n amper onweerstaanbare lus om die ellendige wekker uit die venster te smyt.

Op weg badkamer-toe kyk Piet op die weerberigplaat wat in die gang hang. Hierdie plaat vang die draadlose golwinge op wat vanuit Bouveteiland uitgesaai word. Die eiland is die Suid-Afrikaanse suidelike weerkundige pos vanwaar weervoorspellings en berigte na alle dele van Suid-Afrika en na skepe op see uitgesaai word. Die weerplaat in elke huis, kantoor, see- en lugskip is dus in direkte verbinding met die meteorologiese pos in die verre suidpoolstreke. Die boer, sakeman, reisiger en pieknieker kan dus vooruit planne maak.

"Dit gaan mooi weer wees," sê Piet binnensmonds en hardloop toe na Tom toe wat hy op die ou manier wakker maak. In sy slapende vriend se gesig gooi hy 'n glasvol kou water en toe nael hy die gang af na sy eie kamer toe. Maar Tom ja vlak agter hom aan met 'n groot kan water wat hy soos 'n besetene deur die lug swaai.

Na ontbyt stap die twee maters na die vliegloodse in die tuin. Elke loods is sowat die grootte van 'n motorhuis waarvan die deure outomaties oopskuiwe wanneer 'n vliegtuig daarvoor staan. Die vliegmasjien vou dan sy vlerke teen die lyf, loop die loods in, waarna die deure weer outomaties toeskuiwe.

Piet ontsluit die loodsdeure, klim in sy masjien, druk 'n knoppie en die tweesitplek-eendekker skuif langsaam na buite, en ontvou sy vlerke soos 'n jong adelaar wat klaar staan om weg te spring vir 'n vlug oor berg en dal.

"Sy lyk eersteklas, nè," sê Tom.

"Ja, nie 'n slegte duifie nie," antwoord Piet. "Klim in man, en laat ons opstryk, dis amper half-nege."

In 'n oogwink sit Tom naas sy vriend. Daar is effens 'n trilling, die skroef skeur deur die lug en die vliegmasjientjie skiet loodreg van die aarde die lugruim in. Tot sowat duisend voet bo die dennebome van Pinelands styg hulle. Vir 'n oomblikkie dartel die masjien daar in die sonskyn en skiet toe in aller yl Kaapstad-toe.

Uit: August van Oordt, Seuns van die wolke , Nasionale Pers, 1932.

Opdrag 1:

Om sake te beskryf wat eietyds is

[lu 2.4.3, 3.2]

  1. Lees die uittreksel aandagtig en voer die daaropvolgende opdragte uit.

Die lug is amper verduister deur honderde verskillende soorte lugvaartuie, afwisselend van reusagtige lugskepe wat wêrelddeel met wêrelddeel verbind, tot klein lugfietse bestuur deur skoolseuns wat tussen die verkeer heen dartel soos muggies tussen 'n swerm swaels, alleen in hierdie geval word die muggies nie ingesluk nie want die skoolseuns is te rats en kom amper nooit in botsing met hul groot lugmaters nie, - die seuns van hierdie eeu is mos gebore met vlerkies op die skouers en met draadloos in die ore!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask