<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Wiskunde

Graad 9

Algebra en meetkunde

Module 10

Gelykvormigheid

AKTIWITEIT 1:

Om prakties die voorwaardes van gelykvormigheid te ondersoek

1. Die vyfhoeke ABDEF en LCMRK word gegee (A-6). LCMRK is ‘n vergroting van ABDEF. Wat is die skaalfaktor waarmee ABDEF vergroot is om LCMRK te gee?

2. Skryf die verhoudings tussen die ooreenstemmende pare sye van ABDEF en LCMRK neer.

3. Skryf die verwantskap tussen die ooreenstemmende pare hoeke van die twee figure neer.

4. Hierdie twee figure is nie kongruent nie. Wat noem ons hulle?

5. Noem soveel moontlik voorbeelde in die alledaagse lewe van hierdie verskynsel.

Gelykvormige figure.

Die vyfhoeke in die aktiwiteit hierbo is gelykvormig. Hulle het dieselfde vorm, maar is nie ewe groot nie.

Hulle ooreenstemmende hoeke het dieselfde grootte.

Hulle ooreenstemmende sye is in dieselfde verhouding.

Dus is LK AF = KR FE = MR DE = CM BD = CL BA = 3 1 size 12{ { { ital "LK"} over { ital "AF"} } = { { ital "KR"} over { ital "FE"} } = { { ital "MR"} over { ital "DE"} } = { { ital "CM"} over { ital "BD"} } = { { ital "CL"} over { ital "BA"} } = { {3} over {1} } } {} Hierdie konstante verhouding is ook die skaalfaktor van die vergroting.

Ons sê dat ABDEF  LCMRK. Let daarop dat die volgorde van die letters in dieselfde volgorde van die hoeke wat gelyk is en die sye wat in verhouding is, geskryf word. (Die simbool vir gelykvormigheid is ).

Huiswerkopdrag

1. Meet die lengtes van die sye en die groottes van die hoeke in die volgende figure (A-7) en besluit of hulle gelykvormig is of nie. As die twee figure nie gelykvormig is nie, gee die rede hoekom hulle nie gelykvormig is nie.

2. As twee vierhoeke se ooreenstemmende hoeke gelyk is, is hulle noodwendig ook gelykvormig ?

3. As twee vierhoeke se sye in dieselfde verhouding is, is hulle noodwendig ook gelykvormig ?

In bostaande huiswerkopdrag het jy gesien dat, vir vierhoeke om gelykvormig te wees, aan albei voorwaardes van gelykvormigheid voldoen moet word, met ander woorde, die ooreenstemmende hoeke moet gelyk wees en die ooreenstemmende sye moet in dieselfde verhouding wees. Geld dieselfde ook vir driehoeke?

AKTIWITEIT 2:

Om prakties die voorwaardes van gelykvormigheid by driehoeke te ondersoek

[LU 3.5]

1.1

Konstrueer ΔABC en ΔDEF. Bereken die grootte van A en E.

1.2 Is die ooreenstemmende hoeke van die twee driehoeke gelyk?

1.3 Voltooi die volgende:

AB ED = size 12{ { { ital "AB"} over { ital "ED"} } ={}} {} ....................

BC DF = size 12{ { { ital "BC"} over { ital "DF"} } ={}} {} ....................

AC EF = size 12{ { { ital "AC"} over { ital "EF"} } ={}} {} ....................

1.4 Is die ooreenstemmende sye van die twee driehoeke in dieselfde verhouding?

1.5 Is die twee driehoeke gelykvormig?

1.6 Voltooi die volgende: As twee driehoeke se ooreenstemmende hoeke gelyk is, is hulle ooreenstemmende sye noodwendig altyd ......................... Dit beteken dus dat, as driehoeke se ooreenstemmende hoeke gelyk is, is die driehoeke .........................

2.1 Konstrueer die volgende twee driehoeke:

2.2 Is die sye van die twee driehoeke in dieselfde verhouding?

2.3 Meet al die hoeke van ΔABC en ΔMOR. Wat vind jy?

2.4 Is die ΔABC  ΔMOR?

2.5 Voltooi die volgende: As twee driehoeke se ooreenstemmende sye in dieselfde verhouding is, is hulle ooreenstemmende ..................................... gelyk. Dit beteken dus dat, as driehoeke se ooreenstemmende sye in dieselfde verhouding is, is die driehoeke .....................................

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11055/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask