<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 1

Storietyd

Module 3

Die rooi hennetjie

Die rooi hennetjie!

  • Knip die prente uit en plak dit op die volgende bladsy:

Die storie van die klein rooi hennetjie

Waar kom ons voedsel vandaan? verbind die prentjies met die korrekte sirkel.

Knip prente van graankosse uit ‘n tydskrif.

Vertel vir jou maat waarvan jy die meeste hou.

Die storie van kos

Julle weet nou dat sekere voedselsoorte van plante kom. Maar hoe groei hierdie plante? Julle opvoeder sal vir julle help om ’n saadjie te plant. Gee jou plantjie water en hou mooi dop wat gebeur. Teken prentjies om te wys hoe hy groei.

Ek plant die saadjie My plantjie ná 4 dae
My plantjie ná 7 dae My plantjie ná 10 dae
My plantjie ná 13 dae My plantjie ná 16 dae

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
lewensoriënteringLU 1
BEVORDERING VAN GESONDHEIDDie leerder kan ingeligte besluite neem oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 gevare onderweg skool toe en gepaste voorsorgmaatreëls kan identifiseer.
LU 2
SOSIALE ONTWIKKELING:Die leerder kan begrip van en ‘n verbintenis tot konstitusionele regte en verantwoordelikhede toon, asook sensitiwiteit vir verskillende kulture en godsdienste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.4 prente uit stories met ‘n morele waarde uit ‘n verskeidenheid van Suid-Afrikaanse kulture, asook uit eie kultuur, kan orden.
GESKIEDENISLU3
HISTORIESE INTERPRETASIEDie leerder kan aspekte van geskiedenis interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 kan reageer op stories oor die verlede (luister na stories en kommentaar lewer).
NATUURWETENSKAPLU1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKEDie leerder kan met vertroue reageer op nuuskierigheid oor natuurverskynsels en kan verhoudinge ondersoek en probleme oplos in wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskontekste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ( beplan ) - onafhanklik aan ‘n beplande aktiwiteit deelneem (die selfstandige versorging van ‘n plantjie).
KUNS EN KULTUURLU 1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 ( drama ) – deur drama reageer op stimuli in stories en speletjies, insluitende die opmaak van ‘n slot vir stories wat deur die opvoeder aangebied word;

Memorandum

Die kinderverhale moenie altyd slegs gelees word nie, maar soms ook aan die klas vertel word. Dit is ‘n baie goeie idee om ‘n spesiale kledingstuk vir storietyd gereed te hê, soos ‘n storiehoed of storiemantel, wat die opvoeder kan aantrek om te wys wanneer dit storietyd is.

Die rooi hennetjie

‘n Kat en ‘n eend en ‘n vark en ‘n rooi hennetjie met haar vyf klein kuikentjies het saam op die plaaswerf gewoon.

Eendag kry die rooi hennetjie drie korrels graan. Sy pik hulle versigtig op en gooi hulle in haar mandjie. Toe hardloop sy so vinnig as sy kan na die kat en die eend en die vark.

“Kloek-kloek, kyk wat het ek gekry. Drie korrels graan. Ek wil die graan saai, maar die grond is te hard. Wie sal my help om die grond te spit?” vra die rooi hennetjie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask