<< Chapter < Page Chapter >> Page >
MENSE DIERE
buurman buurvrou leeumannetjie leeuwyfie
bruidegom bruid volstruismannetjie volstruiswyfie
held heldin mannetjieskat wyfiekat
akteur aktrise bulkalf verskalf
kleinseun kleindogter bokram bokooi
skoonpa skoonma varkbeer varksog
heer dame bul koei
LU 6.3.1

GROEPPROJEK

6. Nou is dit julle beurt om mense te laat lag!

Julle moet in groepe verdeel soos wat die opvoeder julle indeel. Elke groep gaan 'n grapboek maak. Julle opvoeder sal julle voorsien van A4-grootte papier. Julle kan self besluit oor die formaat. Julle kan die velle papier in die helfte vou as julle wil. Elke lid moet 'n bydrae lewer. Almal moet grappies voorsien en die van julle wat mooi teken, kan dit illustreer of selfs spotprente teken. Die name van die groeplede moet op die laaste bladsy van die grapboek verskyn. Dis egter BAIE BELANGRIK dat die grappies nie ongeskik mag wees of vloekwoorde bevat nie! Al die grappies moet aan die opvoeder voorgelê word voordat hulle in die grapboek opgeneem mag word. Die grappies, geïllustreerde grappe en spotprente moet twee tot vier A4-grootte bladsye beslaan. Onthou die voorblad!

Voltooi die onderstaande ruit wanneer julle grapboek klaar is. Julle opvoeder sal vir julle sê wanneer dit ingehandig moet word.

LU 4.4.1
HOE GOED HET ONS GROEP GEVAAR?
Name van groeplede: Hierdie aktiwiteit het gehandel oor:
Het ons die opdrag gedeel? .............................................................................Hoeveel het ons by mekaar geleer? .........................................................................................................................................................................................Hoeveel het ons mekaar gehelp? ............................................................................................................................................................................................Hoe goed was die eindresultaat? ............................................................................................................................................................................................

Dalk kan julle klas 'n grapboek uitbring en in die skool verkoop.

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet ...);
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme;
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer:
2.4.2 betrek ander by die bespreking (soos: Wat dink jy?);
2.4.6 wissel tale af, indien nodig.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 lees ‘n teks (fiksie of nie-fiksie):
3.1.4 identifiseer kerngedagtes;
3.6 gebruik leesstrategieë:
3.6.3 begin om leesspoed te verbeter en te evalueer;
3.7 lees vir genot:
3.7.1 lees fiktiewe en nie-fiktiewe tekste op die gepaste lees- en taalvlak;
3.8 toon begrip van die gebruik van naslaanwerke;
3.8.2 gebruik ‘n woordebowk en verstaan ‘n woordeboekinskrywing (spelling, klem, uitspraak, woordsoort, betekenis);
3.9 demonstreer ‘n leeswoordeskat van 4 000 tot 5 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle na 5 500 woorde te mik.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te ruil);
4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan;
4.4 skryf skeppend
4.4.1 toon ontwikkelende vermoë om stories, gedigte en toneelstukke te skryf (soos deur dialoog by ‘n storie in te sluit);
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks;
4.6.2 skryf ‘n konsepweergawe en lees en bespreek dit krities;
4.6.3 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.2 defineer en klassifiseer;
5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:
5.3.1 kies relevante inligting en skryf aantekeninge (identifiseer kernwoorde en –sinne, stel ‘n lys belangrike punte saam);
5.3.3 dra inligting van een modus na ‘n ander oor (soos gebruik inligting uit ‘n visuele of geskrewe teks om ‘n grafiek of tabel te skep of byskrifte by ‘n diagram te skryf);
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.2.1 woorde wat dikwels verkeerd gespel word (soos: vriende, wêreld, vyftien, wanneer);
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.1 alledaagse meervouds-, geslags- en verkleiningsvorme;
6.3.5 determineerders (soos: ‘n, die) en telwoorde (soos: veertien, laaste);
6.3.14 leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens);

Memorandum

3.

(a) skoendoos

(b) skoenlepel

(c) skoenpolitoer

(d) skoenborsel

(e) skoenlapper

(f) skoenveter

  • skoenlapper
  • Dit het niks met skoene te doen nie.

4.

(a) pantoffels

(b) balletskoene

(c) waterstewels

(d) stewels

(e) paddavoete

(f) kinderskoene

(g) sandale

(h) dameskoene

(i) tekkies

(j) manskoene

(k) plakkies

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask