<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die belangrikste sosiale funksie van grafiese ontwerp is om identiteit deur middel van visuele vorms te gee. Ontwerp skep dus ‘n ‘persoonlikheid’ vir inrigtings soos skole en besighede, asook produkte en sekere groepe mense met gemeenskaplike belange. Oor die jare heen is daar ‘n geletterdheid vir die oog geskep, ‘n kommersiële alfabet van simbole en style bekend aan verbruikers. Aktiviste-groepe gebruik ontwerp vir die aanspreek van sekere kwessies, soos byvoorbeeld feminisme en VIGS, terwyl ontwerpers binne die subkulture van Rave, Hip-Hop en ‘Skateboarding’ ‘n verandering in visuele geletterdheid gebring het deur die vermenging van style en simbole vanuit die massa-media en die stedelike ondergrond.

Beantwoord die volgende vrae nadat jy die bostaande leesopdrag voltooi het.

  1. Tot watter subkultuur behoort jy? Gee redes vir jou antwoord.
  1. Na watter musiek luister die subkultuur waaraan jy behoort? Noem voorbeelde.
  1. Dra die subkultuur waaraan jy behoort enige spesifieke klere, juweliersware of haarstyle? Noem ‘n paar voorbeelde.
  1. Watter handelsmerke (‘brandnames’) word met jou subkultuur geassosieer? Noem hulle.

Ruil nou in julle groepe inligting uit om die tabel hieronder te kan voltooi. Indien julle almal aan dieselfde subkultuur behoort, moet julle navors oor ander subkulture, sodat daar ‘n verskeidenheid op die tabel verskyn.

Subkultuur Musiek Dans(e) Visuele Kuns Kleredrag

Skryf nou by die huis ‘n opstel van tussen 200 en 250 woorde (prentjies en/of illustrasies is nie verpligtend nie, maar word aanbeveel) oor die volgende onderwerp:

HOE KUNS KULTURE, LEEFSTYLE EN MODES REFLEKTEER EN BEÏNVLOED

ASSESSERING

Die leerder is in staat om: 1 2 3 4 5 6 7
  • subkulture te identifiseer;
  • respek te toon vir ander leerders se voorkeure; en
  • te redeneer hoe kulture, leefstyle en modes die kuns reflekteer en beïnvloed.

Aktiwiteit 2 (individueel)

Om ‘n T-hemp te ontwerp

[LU 4.2]

STAP 1

Teken eers ‘n ontwerp op papier. Hierdie eerste ontwerp moet julle subkultuur verteenwoordig. Bekende simbole of handelsmerke mag gebruik word, maar moet vermeng of vernuwe word om sodoende ‘n oorspronklike ontwerp te skep. Die ontwerp sal vir die voorkant en/of agterkant van die T-hemp gebruik word. ‘n Tweede ontwerp, geskoei op die eerste een, moet ‘n patroon vorm – ‘n vereenvoudigde herhaling van die eerste ontwerp. Die tweede ontwerp sal vir die nek, onderkant en/of moue van die T-hemp gebruik word.

Voorbeeld:

STAP 2

Na die voorlopige sketse vir die twee ontwerpe gemaak is, moet dit met kleurpotlode of gekleurde ink op ‘n voorafgetekende T-hemp formaat verplaas word.

Voorbeeld:

STAP 3 (opsioneel)

Julle kan, indien die geriewe by die skool beskikbaar is, ou T-hempies van die huis af bring en julle ontwerpe dan daarop verf met materiaalverf.

ASSESSERING

Die leerder is in staat om: 1 2 3 4 5 6 7
  • ontwerpvaardighede aan te wend;
  • simbole en/of tekens van 'n eie subkultuur te identifiseer en uit te beeld;
  • oorspronklik te wees;
  • patroon te skep en aan te wend; en
  • aan te pas by die medium (in hierdie geval die T-hemp).

Oorkoepelende Aktiwiteit

  • As ‘n samevatting van al vier die leereenhede kan julle nou werk aan ‘n aanbieding of opvoering waarin julle byvoorbeeld die ‘rap’ van Leereenheid 1 kombineer met die bewegings van Leereenheid 3, die karakters van Leereenheid 2 en die T-hemp of ander kleredrag van Leereenheid 4.

ASSESSERING

Die leerder is in staat om: 1 2 3 4 5 6 7
  • ritmiese rym met beweging en musiek te skep;
  • met die res van die groep te kommunikeer in sy /haar uitvoering van die musiek;
  • gedissiplineerd in ‘n groep te werk;
  • respek en begrip te toon vir ander leerders; en
  • individuele kunsvorme te kombineer om ‘n nuwe vorm van artistieke uitdrukking te skep.
LU 4.6

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
uitdrukking en kommunikasieDie leerder is in staat om te analiseer en ‘n verskeidenheid vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
MUSIEK
4.3 kan verduidelik hoe tegnologie deur die jare musiek beïnvloed het;
DRAMA
4.2 ‘n drama-aanbieding gebruik om kritiek te lewer op die impak van sepies, radio-aanbiedings of ander beskikbare vorms van uitvoerende media op mense se waardes en gedrag;
DANS
4.1 kan verduidelik hoe dans gevorm word deur die waardes van die tye te reflekteer, asook die invloed van musiek, plek, mode en tegnologie; en
VISUELE KUNS
4.4 kan verduidelik hoe kuns kulture, leefstyle, gelowe en modes, reflekteer en beïnvloed;
4.5 vaardighede in media- produksie kan aanwend, terwyl die teikengroep, doel en ontwerpelemente in ag geneem word (bv. die skep van ‘n advertensie, klasnuusbrief, plakkaat, T-hemp, logo of klingel);
OORKOEPELEND
4.6 individuele kunsvorme kan kombineer om ‘n nuwe vorm van artistieke uitdrukking te skep.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11066/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask