<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en stelsel

Verskillende vorme van energie

Opvoeders afdeling

Memorandum

Lineaal

Voorbeeld (aanvaar ander logiese uiteensettings en beskrywings):

Lengte van deel van liniaal wat oorsteek Spoed van vibrasie(frekwensie) Klank(toonhoogte)
5 cm Baie vinnig Harde hoë klank
15 cm Stadiger Laer klank
25 cm Stadig Sagte lae klank

Klop op tafel: klank is harder as oor teen tafel druk.

In water: klank is sagter.

Vergelyking:

Tafel – hoë toonhoogte

Swembad/bad – laer toonhoogte

Tabel

Instrument Hoe vibrasie ontstaan
Bokskitaar snaar vibreer
Rammelaars voorwerpe beweeg heen en weer, bots teen mekaar en teen wand van houer
Simbale metaal slaan teen mekaar
Trompette lippe veroorsaak vibrasies in lug (word versterk deur “buis”)
Tromme vel vibreer as daarop geslaan word
Tromslaners soos tromme
enige korrekte voorbeelde is aanvaarbaar
Skraper vibrasie ontstaan as skraper oor groef beweeg

Opdrag 3:

Geraasbesoedeling

Enige 5 voorbeelde soos vragmotors/verkeer, konstruksie-masjiene, vliegtuie, harde musiek, grassnyers, (kinders wat raas?), ens.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om klankenergie as energievorm te kan bespreek [lu 1.2, lu 1.3]

  • Klank word veroorsaak deur vibrerende voorwerpe. Klank stel ons in staat om met mekaar te kommunikeer wanneer ons praat en hoor.
  • Die ontstaan van klank deur vibrasies

Probeer die volgende in jul groepe.

  • Druk ‘n plastiekliniaal op ‘n tafel se rand vas, soos in die prent.
  • Buig die punt van die liniaal afwaarts en laat dit los.
  • Kyk na die vibrasie. Luister na die klank.
  • Druk die liniaal verder af sodat die liniaal oor ‘n groter afstand vibreer. Jy het die trillingswydte van die liniaal vergroot. Watter verskil maak dit aan die klank?
  • Verander die lengte van die liniaal wat oor die rand van die tafel uitsteek. Wat let jy op aan die spoed van die vibrasie (wat die frekwensie genoem word) namate die lengte verander? Wat let jy op aan die klank wat gemaak word?
  • Besluit op ‘n manier om jou resultate in tabelvorm aan te teken
  • Hoe hoor ons die vibrasies?

Plaas ‘n paar dominostene regop in ‘n ry, ongeveer driekwart van die lengte van ‘n dominosteentjie uit mekaar. Stoot die eerste domino om.

Soos in die geval van die domino’s, stoot die vibrerende liniaal of rekkie of enige ander vibrerende voorwerp lugdeeltjies. Wanneer die liniaal vibreer, druk dit die lugdeeltjies nader aan mekaar.

Daardie lugdeeltjies druk teen dié langs hulle, net soos die een domino die volgende een omstoot. Uiteindelik druk die lugdeeltjies langs jou oortrom teen die oortrom. Die lugdeeltjies laat jou oortrom vibreer, presies soos die liniaal vibreer. Dit is hoe ons die klank van die vibrerende liniaal hoor.

  • Kan klank deur verskillende soorte materiale beweeg?

Ons sien daagliks die son skyn, maar kan nie die gasse waaruit die son bestaan, hoor ontplof nie. Dit behoort soos miljoene kernbomme wat ontplof te klink. Hoekom hoor ons dan niks? Die antwoord is eenvoudig! Klank kan net deur materie – vaste stowwe, vloeistowwe of gasse – beweeg.

Die aarde word deur ‘n atmosfeer omring wat sowat 100 km breed is en uit gasse bestaan.

Buite die aarde se atmosfeer is daar egter ‘n leë ruimte. Dit is ook die rede waarom ruimtereisigers met behulp van radio’s met mekaar moet praat.

Klop met jou vinger op ‘n tafel. Luister na die klank. Druk nou jou oor teen die tafel, tik weer en skryf neer wat jy uitvind.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

As jy weer swem of bad, plaas jou kop (of selfs net een oor) onder die water. Tik met jou vinger teen die swembad of bad se kant. Skryf neer wat jy uitvind.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

In watter geval het ons ‘n hoë toonhoogte en in watter geval het ons ‘n lae toonhoogte gehoor?

  • Verbind die korrekte kombinasie:

klop op die tafel lae toonhoogte

klop teen die bad/swembad se kant hoë toonhoogte

As julle nou regtig groot pret wil hê, maak dan jul eie musiekinstrumente en bring ‘n orkes op die been.

Kyk na die volgende prente wat voorstel hoe jy self instrumente kan maak.

bokskitaar
rammelaars
simbale
trompette
tromme
tromslaners
skraper

Opdrag 3

Beskryf nou hoe die vibrasies wat klank veroorsaak in die geval van elkeen van die instrumente ontstaan.

Instrument Hoe vibrasie ontstaan
Bokskitaar ______________________________________
Rammelaars ______________________________________
Simbale ______________________________________
Trompette ______________________________________
Tromme ______________________________________
Tromslaners ______________________________________
Skraper ______________________________________

(5)

  • Geraasbesoedeling

Party klanke skep regtig vir ons probleme, meestal omdat dit te hard is. Indien die klank van so ‘n aard is, noem ons dit geraasbesoedeling.

Noem vyf voorbeelde van geraasbesoedeling.

1. __________________________________________________________________

2. __________________________________________________________________

3. __________________________________________________________________

4. __________________________________________________________________

5. __________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.

Questions & Answers

what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
What are the treatment for autism?
Magret Reply
hello. autism is a umbrella term. autistic kids have different disorder overlapping. for example. a kid may show symptoms of ADHD and also learning disabilities. before treatment please make sure the kid doesn't have physical disabilities like hearing..vision..speech problem. sometimes these
Jharna
continue.. sometimes due to these physical problems..the diagnosis may be misdiagnosed. treatment for autism. well it depends on the severity. since autistic kids have problems in communicating and adopting to the environment.. it's best to expose the child in situations where the child
Jharna
child interact with other kids under doc supervision. play therapy. speech therapy. Engaging in different activities that activate most parts of the brain.. like drawing..painting. matching color board game. string and beads game. the more you interact with the child the more effective
Jharna
results you'll get.. please consult a therapist to know what suits best on your child. and last as a parent. I know sometimes it's overwhelming to guide a special kid. but trust the process and be strong and patient as a parent.
Jharna
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask