<< Chapter < Page Chapter >> Page >

OPDRAG 3:

Teken nou ontwerpe in die volgende vierkante om aan te toon hoe jy jou houer wil versier om tekstuur daaraan te verleen. Omkring jou beste idee.

LU/AS 1.6

OPDRAG 4:

Watter gereedskap/toerusting gaan jy nodig hê om jou gekose patrone mee aan te bring? Maak die gereedskap bymekaar en bring dit solank skool toe.

LU/AS 1.8

1. Vereistes

Die deksel van jou houer moet stewig op die houer pas. Daar moet ook ‘n handvatsel wees waaraan jy die deksel kan oplig.

OPDRAG 5:

Ontwerp nou sommer vryhand ‘n drie-dimensionele bo-aansig en drie-dimensionele onder-aansig vir jou deksel. Omkring jou beste idee.

LU/AS 1.5

Bo-aansigte

Voorbeeld:

Onder-aansigte

Voorbeeld:

2. Vervaardiging

OPDRAG 6:

Beplan en maak

LU/AS 1.5

a) Watter gereedskap het jy nodig om die klei op uit te rol tot ‘n dikte van 5 mm? (Kies uit houtbord, kleimes, koekroller, koekmeel.)

- ‘n om die klei op glad uit te rol.

- ‘n om die klei mee uit te rol.

- ‘n om die deeg van die koekroller en houtbord los te sny.

- sodat die klei nie aan die bord of koekroller vassit nie.

b) Meet ‘n vierkantige teël met sye van 10 cm op ‘n stuk karton en knip dit uit. Dit gaan jou TEMPLAAT wees. Plaas die templaat op die uitgerolde klei en sny ses teëls uit. Gebruik ook die kleimes om die handvatsel en onderkant van die deksel te maak.

Versier die vertikale vlakke van jou houer (vier teëls).

Sny 5 mm aan weerskante (links en regs) van twee vertikale teëls af. Maak ook die rande grof met ‘n sosatiestokkie. Gebruik ook water indien nodig.

Heg die dele van die houer as volg (werk baie versigtig):

  • Plaas die teël wat die bodem vorm op ‘n groot, gesmeerde bakplaat.
  • Neem ‘n sosatiestokkie en maak die rand (10 mm) rondom grof.
  • Plaas die versierde teëls bo-op die bodem. Maak seker dat die rande deeglik heg en dat die rande regte hoeke vorm.
  • Plaas op ‘n plek waar dit deeglik kan droog word. Indien die klei gebak kan word, kan hy dit volgens die aanwysings in die oond bak.
  • Voltooi die deksel volgens jou ontwerp en plaas dit langsaan jou houer.
  • As jou houer en deksel klaar droog is en afgekoel het, kan jy dit met een kleur plakkaatverf verf. Daarna kan jy dit met ‘n deurskynende vernis verf, sodat die artikel geseël is en die kleur van die verf wat jy gebruik het, beter kan vertoon.

Interessant

Klei is ‘n baie ou stof wat gebruik is om gebruiksartikels en juweliersware van te maak. Klei was redelik volop en daarom het mense dit gebruik. Reeds in die Steentydperk (12000 v.C.) toe die mense gebruiksartikels en wapens hoofsaaklik van klip en been gemaak het, het hulle begin om gebruiksartikels van klei te maak om hoofsaaklik kos en water in te bewaar.

Gedurende die Bronstydperk (3000 v.C.) het die mense begin om metale te smelt om gebruiksartikels en wapens te maak. Toe het die mense op groot skaal gebruiksartikels soos houers, bekers, potte, ens. van klei gemaak. Hulle het ook bakstene en teëls daarvan gemaak en so wonings gebou. Argeoloë wat opgrawings doen van antieke beskawings, kry gewoonlik baie voorwerpe en oorblyfsels van klei wat bogenoemde feite staaf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask