<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 6

3-drome

Module 7

Maak ‘n kissie van klei

Toepassing van verworwe kennis in tegnologiese proses

Kom ons maak ‘n kissie van klei.

Gevallestudie vir ‘n seun

Jy speel elke pouse albaster by die skool en is al baie vaardig. Elke dag wen jy pragtige ghoens wat jy met groot trots elke middag tuis vir jou pa gaan wys. Hierdie ghoens neem jy nie weer skool toe nie, want jy is bang dat jy hulle gaan verloor. Ongelukkig vergeet jy om hulle tuis op ‘n veilige plek te bêre. Vanmiddag het Ma jou vir die derde agtereenvolgende dag berispe omdat jou nuwe albasters in jou skoolbroek se sakke vergete gebly het en hulle in die wasmasjien beland het. Jou ma is baie verleë, want sy moes weer die loodgieter laat kom. Sy vermaan jou om ‘n houer vir jou albasters te kry, anders sou sy hulle stilletjies laat verdwyn. Jy besluit dat hierdie houer nie sommer ‘n leë plastieksak, ‘n glas grondboontjie-botterfles of ‘n leë koffieblik gaan wees nie.

Gevallestudie vir ‘n dogter

Dis klaar moeilik om vroeg op te staan vir skool tydens die winter, maar as ‘n mens se haarrekkies pal op soek is, veral wanneer jy reeds laat is, is dit nodig om ‘n plan te maak, want jy verpas gereeld die skoolbus en dan moet Ma jou met die ou plaasbakkie skool toe neem. Jy gaan vir jou ‘n houer ontwerp en maak. Dan kan jy dit op jou spieëltafel by jou borsel sit en jou haarrekkies daarin plaas die oomblik as jy hulle uit jou hare haal. Julle het nie verniet ‘n groot dam op die plaas waar daar baie klei is nie. Jy wil ‘n houer van klei maak.

1. Navorsing

OPDRAG 1:

a) Wat is die behoefte?

b) Skryf nou ‘n duidelike en kort ontwerpvoorstel neer vir die maak van jou produk.

Ek gaan ‘n ( wat ) ontwerp en maak om by die ( waar )

te gebruik, sodat ek my ( wat )

daarin kan bêre.

LU/AS 1.4

c) Spesifikasies vir die ontwerp en vervaardiging.

SPESIFIKASIES VIR DIE ONTWERP EN VERVAARDIGING
1. Die vorm/fatsoen ‘n Kubus met ‘n los deksel
2 Die grootte Sye van ± 10 cm elk met kante 5 mm dik
3 Materiale gebruik Modelleerklei
4 Afwerking Kreatiewe patrone op buitekant aangebring
5 Duursaamheid Hanteer versigtig, want dit kan breek
6 Veiligheid Hanteer kleimes versigtig

2. Ontwerp

Agtergrond

Die vyf beginsels vir ‘n geslaagde ontwerp is dat die produk ‘n DOEL moet hê, ‘n interessante VOORKOMS sal hê, van gepaste MATERIAAL gemaak sal wees, stewig en sterk VERVAARDIG sal wees en dat dit ‘n positiewe INVLOED op die gebruiker en omgewing sal hê.

OPDRAG 2A:

Ontwerp die houer vir jou haarrekkies/albasters deur ‘n isometriese tekening van die houer sonder deksel te maak. Teken ‘n klomp ontwerpe.

LU/AS 1.5

OPDRAG 2B:

Omkring die beste idee. Onthou ook byskrifte.

LU/AS 1.6

Vereistes

Jy gaan ses los teëls maak wat jy aanmekaar kan heg. Jy moet die buitekant van die houer op ‘n kreatiewe en oorspronklike manier versier deur voorwerpies soos skroewe, naalde en skuifspelde in die sagte klei te druk of deur patrone met ‘n sosatiestokkie daarop aan te bring. Jy gaan nie die horisontale vlak wat die bodem vorm, versier nie en ook nie die deksel nie. Dus gaan jy net die vier vertikale vlakke op dieselfde manier versier.

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask