<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 6

Regte en verantwoordelikhede

Module 8

Die betekenis en belangrikheid van verskillende stadiums in ‘n persoon se lewe (deurgangsrites) binne verskeie kulture in suid-afrika

Deurgangsrites het te make met persoonlike geleenthede wat ons vier. Dit verwys na belangrike mylpale in ons lewens, bv. geboorte, mondigwording, die huwelik en die dood.

Hoewel hierdie gebeure baie persoonlik is, het dit ook dikwels betekenis vir die groep of gemeenskap waarbinne dit gebeur. Die spesifieke seremonies wat verband hou met hierdie rites, word gewoonlik bepaal deur die kultuur en godsdiens van die groep. Tradisie speel hier ‘n groot rol.

In die tabel is ‘n kort opsomming van vier verskillende kulture se gebruike rondom ‘n deurgangsrite.

a) Geboorte

Christelike gebruike Doop: ‘n Heilige sakrament waartydens ‘n mens water op sy / haar kop gedrup kry.
Moslemgebruike Doepmal: Allah se naam word in die Moslem-baba se oor gefluitster net na hy/sy gebore is. ‘n Gebed, die Athaan, word gedoen.
Zoeloe-gebruike Plek van eerbied: Die naelstring van ‘n Zoeloe-baba word onder ‘n boom begrawe. Dit bly altyd ‘n spesiale plek vir daardie kind en bind hom/haar op ‘n spesiale manier aan die natuur.
Joodse gebruike Bris: dit is die besnydenis van seuntjies deur ‘n Rabbi, ‘n paar dae na die geboorte.

b) Mondig- of volwassewording

Christelike gebruike Belydenis van geloof: In baie Christelike kerke neem jongmense die geloof as verantwoordelike volwassenes aan.
Hindoe-gebruike Dra van Sari : Na die aanvang van puberteit mag meisies ‘n Sari na funksies en godsdienstige plegtighede begin dra.
Ndebele-gebruike Wela: elke vier jaar tussen April en Junie, in ‘n volmaanfase, word jong Ndebele mans met die seremonie ingewy. “Wela” beteken ‘om die rivier oor te steek’ en verwys spesifiek na hulle besnydenis. Hulle word ook onderrig in die kennis van die stam en sy oeroue rituele.
Joodse gebruike Barmitswa: Seuns vier op 13 hulle volwassewording deur die voorlees van die Heilige Torah tydens die Sabbatsdiens. In die Gereformeerde Joodse geloof vier meisies van twaalf hulle barmitswas tydens ‘n diens in die sinagoge.

Aktiwiteit 1:

Om oor verskillende tradisies in die gemeenskap te gesels

[lu 2.4]

Die eerste twee tabelle is vir julle ingevul. Julle moet nou onder mekaar gesels oor tradisies in julle kulturele gemeenskap en gaan vasstel wat ander kultuurgroepe se gebruike is en dan self die laaste twee tabelle voltooi.

  • Huwelik

d) Die dood

Aktiwiteit 2:

Om kulturele seremonies en rites uit te beeld

[lu 2.4]

Opsionele werksopdrag :

Leerders kan gerus sekere van die kleurvolle seremonies en rites van hulle kultuur kom demonstreer of uitbeeld in die klas. Spesiale kos of geregte wat hulle tydens so ‘n seremonie eet, kan as voorbeeld van kulturele gebruike dien. Sommige kulture het pragtige klere wat tydens seremonies gedra word – hou ‘n spesiale vertoning van hierdie kleredrag.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
S OSIALE O NTWIKKELING Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede,asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 nadink oor eie toepassing van kinderregte soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse grondwet;
2.2 die belangrikheid van ’n nasiebouprogram wat met ’n nasionale dag gepaardgaan, bespreek en evalueer;
2.3 die uitwerking van geslagstereotipering, seksisme en mishandeling op persoonlike en sosiale verhoudings bespreek;
2.4 die betekenis en persoonlike en sosiale belangrikheid van belangrike stadiums in die individu se lewe in ’n verskeidenheid kulture vertolk;
2.5 menswaardigheid in ’n verskeidenheid gelowe in Suid-Afrika bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11001/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask