<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Vermenigvuldiging en deling

Deling

Opvoeders afdeling

Memorandum

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om probleme in konteks op te los [lu 1.6.1]

** Die taak op hierdie bladsy is bedoel vir jou portefeulje en jy het ‘n koerant daarvoor nodig. Kyk goed na die opdragte en beantwoord die vrae wat volg. Werk so netjies as jy kan. Kyk eers goed na wat jou opvoeder gaan assesseer voordat jy wegspring!

1. Gebruik jou plaaslike koerant en soek en plak voorbeelde met pryse van die volgende hieronder:

1.1 Kleur-TV

1.2 Rekenaar

1.3 Yskas

1.4 Selfoon

2. Gestel nou jy het R40 000 om te spandeer. Hoeveel van hierdie items sou jy kon koop? (Jy mag jou sakrekenaar gebruik:)

Kleur TV: __________________________________________________________

Rekenaar: __________________________________________________________

Yskas: _____________________________________________________________

Selfoon: ____________________________________________________________

3. Soek in dieselfde koerant advertensies van jou plaaslike supermark en plak voorbeelde van die volgende items met hul pryse hieronder:

3.1 een liter melk

3.2 ’n bruin brood

3.3 ’n kilogram kaas

3.4 ’n pak suiker

4. Gestel jy het R250,00 tot jou beskikking. Hoeveel van die bogenoemde items sou jy kon koop? (Jy mag jou sakrekenaar gebruik)

4.1 Melk: _________________________________________________________

4.2 Brood: ________________________________________________________

4.3 Kaas: _________________________________________________________

4.4 Suiker: ________________________________________________________

5. Kleur die korrekte antwoorde in:

Die koerant-aktiwiteite was MAKLIK MOEILIK
Ek kon die antwoorde bereken. JA NEE
Ek het geweet hoe om die sente korrek af te rond. JA NEE

Assessering: koerant-aktiwiteit

KRITERIA 1 2 3 4
Netheid Dit is slordig uitgeknip. Dit is nie goed vasgeplak nie. Dit is slordig uitgeknip. Vasgeplak Dit is redelik netjies uitgeknip. Dit is redelik goed vasgeplak. Dit is baie netjies uitgeknip. Dit is deeglik vasgeplak.
Volledigheid Advertensies nie uitgeknip nie. Nie alle vrae is beantwoord nie. Baie van die inligting ontbreek. Slegs enkele vrae is nie beantwoord nie. Die opdrag is volledig uitgevoer.
Wiskundige foute 0 – 19% foutloos 30 – 49% foutloos 50 – 79% foutloos 80 – 100% foutloos

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos in konteks, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies;

1.6.1: finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, eenvoudige begrotings, lees en vertolking van rekeninge, en afslag).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask