<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 6

3-d drome

Module 6

Teken van drie-dimensionele figure sonder ‘n ruitnet

Jy moet nou leer om ‘n basiese drie-dimensionele figuur sonder ‘n ruitnet te teken. Een manier is om ‘n drie-dimensionele figuur in perspektief te teken deur van verdwynende siglyne op die horison gebruik te maak.

Agtergrond:

Lyne wat al hoe verder van ons gesigsveld is, is geneig om die volgende eienskappe te hê:

  • Dit lyk of parallelle lyne nader na mekaar beweeg totdat hulle op die horison ontmoet. (Dink aan die Karoo-pad)
  • Horisontale lyne van dieselfde lengte lyk of hulle korter word hoe verder hulle van ons af lê.
  • Voorwerpe van dieselfde groottes lyk kleiner hoe verder hulle van ons af lê.

HOE OM ‘N EENVOUDIGE KUBUS IN PERSPEKTIEF TE TEKEN

  1. Teken ‘n vierkant.

2. Teken ‘n horisontale lyn bokant (as jy die bokant wil sien) of in die middel (as jou oog gelyk met die figuur moet wees) of onder (as jy die onderkant wil sien ) die vierkant.

3. Merk die verdwynpunt iewers op die horisontale lyn. As dit regs van die vierkant is, sal jy die regteraansig sien; links van die vierkant sien jy die linkeraansig.

4. Trek ligte lyne van elke buitehoek van die vierkant na die verdwynpunt.

5. Voltooi die kubus deur die agterkant van die figuur in te trek. Die lyne van die sye naby die verdwynpunt is korter as die werklike voorste sye van die vierkant, maar hulle loop parallel met die voorste sye. Die sye na die verdwynpunt is ook korter.

6. Vee nou die horisontale lyn, die verdwynpunt en lyntjies na die verdwynpunt uit. Trek al die sigbare lyne van die kubus donkerder. Daar het jy nou jou kubus.

OPDRAG 1:

Voltooi ‘n kubus 30 mm by 30 mm in perspektief sodat jy die linkeraansig kan sien.

LU/AS 1.12

Uitdaging:

  • Probeer om dit ook te teken met die verdwynpunt regs van die kubus.

Nog ‘n manier is om van die skuinsaansigmetode teen ‘n hoek van 45° gebruik te maak. (‘n Skuinsaansig is ‘n drie-dimensionele tekening waarvan die siglyne op ‘n hoek van 45° met die horisontale lyn is.)

HOE OM ‘N SKUINSAANSIG-KUBUS TE TEKEN:

1. Teken ‘n vierkant.

2. Teken die sy-aansig en bo-aansig deur by elke punt (sigbare buitehoek) ‘n hoek van 45° vanaf die horisontale lyn te trek. (Die hoeke lê almal na links.)

3. Meet die lengte van ‘n sy van die vierkant. (vooraansig) Bepaal die lengte van die 45°- sye deur die helfte van die oorspronklike lengte af te meet.

4. Verbind die punte om die agterkant van die kubus te voltooi, vee alle onnodige lyne uit en trek die kubus se lyne donkerder oor.

OPDRAG 2:

Teken ‘n kubus waarvan die vooraansig se sye elk 40 mm lank is. Gebruik ook ‘n gradeboog of ‘n tekendriehoek met ‘n hoek van 45º (skuinsaansigmetode).

LU/AS 1.12

Uitdaging:

Probeer ook die kubus met ‘n hoek van 45º na regs te teken.

OPDRAG 3A:

Teken ‘n drie-dimensionele figuur van ‘n reghoek op elk van die twee bogenoemde maniere:

LU/AS 1.12

a) met verdwynpunt agter regs op die horison;

b) ‘n skuinsaansig teen 45° met ‘n liniaal en gradeboog (die hoeke lê almal na regs) (breedte: 40 mm).

OPDRAG 3B:

LU/AS 1.12

Uitdaging:

  • Die regte afmetings van ‘n skoendoos is soos volg:

A Lengte: 280 mm

B Breedte: 200 mm

C Hoogte: 100 mm

  • Verklein dit nou vier keer OP SKAAL sodat jy dit in die onderstaande spasie volgens die skuinsaansigmetode kan oorteken.

Volgens skaal: Lengte:

Breedte:

Hoogte:

Wenk:

Teken dit eers as ‘n baksteen en pas dit dan aan deur die detail vir die skoendoos in te teken. Kleur dit ook (volgens die voorbeeld verskaf) en dui die werklike afmeting daarop aan langs elke sy

Agtergrond:

By beide die bogenoemde metodes om ‘n drie-dimensionele voorwerp te teken, is een aansig/vlak van die figuur na voor gedraai. By ISOMETRIESE tekeninge is een hoek van die figuur na vore gedraai.

Wat is ‘n isometriese tekening?

Dit is ‘n drie-dimensionele tekening waarvan die siglyne wat jy kan sien, op ‘n hoek van 30° met die horisontaal is.

HOE TEKEN JY ‘N KUBUS ISOMETRIES?

1. Teken ‘n strepieslyn in die middel van die gegewe spasie.

2. Maak ‘n punt op die lyn wat die boonste hoek van die kubus sal aandui.

3. Merk twee hoeke van 30° weerskante van die punt met die horisontaal aan die bokant van die strepieslyn.

4. Trek ‘n vertikale sy afwaarts so lank soos die lengte van een sy van die kubus.

5. Meet die boonste twee sye ewe lank.

  1. Trek ‘n stippellyn onder parallel met die boonste een en meet 30° hoeke na bo aan weerskante.

7. Maak hierdie lyne dieselfde lengte as die vertikale sy.

8. Trek die twee vertikale lyne weerskante van die middelste lyn.

9. Trek ‘n strepieslyn om die boonste twee hoeke te verbind. Meet 30° aan die bokant vanaf die horisontaal aan beide kante en trek die lyne om te kruis. So word die bo-aansig gevorm.

OPDRAG 4:

Teken ‘n isometriese kubus waarvan die sye 50 mm is. Gebruik ‘n liniaal, potlood en gradeboog of 30º-tekendriehoek.

LU/AS 1.12

Uitdaging:

OPDRAG 5:

Teken ‘n reghoekige figuur (‘n houtblok) waarvan die lengte 80 mm, die breedte 30 mm en die hoogte 40 mm is.

LU/AS 1.12

Onthou:

Alle vertikale sye bly vertikaal, maar die skuinslyne is 30° op die horisontaal.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Kommunikeer:
1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer.

Memorandum

Opdrag 3B

L 70 mm

B 50 mm

H 25 mm

Opdrag 4

Die onderwyser kan die leerders se hele Leereenheid 2 assesseer na die voltooiing van hierdie opdrag of die individuele beoordeling van elke opdrag kan slegs hier oorgedra en opgeteken word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11004/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask