<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AARDRYKSKUNDE

Graad 5

FISIESE STRUKTUUR VAN SUID-AFRIKA

Module 9

RIVIERE VAN DIE RSA

Die riviere van die RSA

Alle riviere vloei van ‘n hoogliggende na ‘n laagliggende gebied. Die oorsprong van al die RSA se riviere is op die binnelandse plato of op die platorand (waterskeiding) en mond in die see uit. Baie van die RSA se riviere is nie-standhoudend, wat beteken dat die riviere net gedurende die reënseisoen water bevat. Die riviere van die RSA is ook nie geskik vir watervervoer nie, omdat daar soveel stroomversnellings, watervalle en sandbanke in is. Dié tipe riviere word nie-bevaarbare riviere genoem.

Die Oranjerivier

Die Oranjerivier is die grootste en langste rivier in die RSA. Dit ontspring in die Drakensberge in die ooste (naby Mont-Aux-Sources) en vloei weswaarts oor die hele breedte van die RSA en mond by Oranjemund langs die weskus uit. Die Oranjerivier vorm heelparty grense, waarvan die belangrikste grens dié tussen die RSA en Namibië is.

In die bolope van die Oranje is die Gariepdam gebou om water te bewaar vir die droë tye van die jaar. Die water word dan veral vir besproeiing gebruik. Elektrisiteit word ook hiervan opgewek.

Net oos van die dam sluit die eerste takrivier, die Caledonrivier, waarin die Vanderkloofdam gebou is, aan. Naby Douglas sluit die tweede sytak, die Vaalrivier, aan waarin die Vaaldam gebou is. Hierna vloei die Wilge- en Hartsriviere by die Vaalrivier in. Laer af in die Oranje, naby Kakamas, kom die Augrabies-waterval voor.

Die Limpoporivier

Die Limpopo begin naby Johannesburg waar dit die Krokodilrivier genoem word. Sodra die Groot Marico-sytak by die Krokodilrivier invloei, word dit die Limpopo genoem. Nog ‘n belangrike sytak is die Olifantsrivier. Die Limpopo vorm eers die grens tussen die RSA en Botswana en later ook tussen die RSA en Zimbabwe. Dit vloei dan deur Mosambiek waar dit in die Indiese Oseaan uitmond.

Riviere wat van die platorand direk kuswaarts vloei

Hierdie riviere is baie korter en vloei teen ‘n steiler helling na die see. Dit veroorsaak dat hulle almal baie vinnig vloei in diep valleie wat besproeiing moeilik maak.

Die riviere in die noordooste wat op die Drakensberg-platorand ontstaan, is die Komati-, Pongola-, Tugela-, Groot Kei- en Keiskammariviere. Laer af kom die Sondags-, Groot Vis-, Gamtoos-, Gouritz- en Breëriviere voor. Aan die weskus vloei die Berg- en Olifantsriviere.

AKTIWITEIT 1:

OM 'N VASVRA OP TE STEL

[LU 1.7; 2.3]

Bestudeer die geheuekaart van die riviere van RSA en stel hieruit ‘n vasvra saam wat in die klas gebruik kan word om die leerders se kennis te toets.

AKTIWITEIT 2:

OM JOU ATLAS TE GEBRUIK OM ANTWOORDE TE VIND

[LU 1.1; 2.1]

Raadpleeg ‘n atlas om die volgende vrae te beantwoord:

Vul die name van die riviere wat op die kaart genommer is op die tabel in.

Vul die volgende op jou kaart in. Gebruik jou atlas.

a) Oseane

b) Namibië, Botswana, Mosambiek, Swaziland, Lesotho (Buurlande)

c) Oranjemund, Douglas, Johannesburg

d) Augrabies-waterval

In watter rigting vloei die Oranjerivier?

Waarom kies die Oranjerivier nie kortpad na die Indiese Oseaan nie, maar volg ‘n lang roete na die Atlantiese Oseaan?

Waarom dink jy het die Oranjerivier so min sytakke in die westelike deel?

Verklaar waarom die Augrabies-waterval juis daar voorkom.

Watter ander rivierstelsel kom in die binneland voor? Hoekom word dit ‘n rivierstelsel genoem?

Met watter lande vorm die Limpopo die grens van RSA?

Hoekom dink jy het die riviere wat van die plato vinnig na die kus vloei, sulke diep klowe?

Daar is opgaardamme in die meeste van hierdie riviere gebou. Waarvoor word die water gebruik?

Watter deel van Suid-Afrika sal jy die graagste wil besoek as jy kan? Hoe sal dit na jou mening verskil van jou eie omgewing?

Aan watter kant van Suid-Afrika (oostelike of westelike) kom veral droë lope voor? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

Stel vas watter rivier naby jou dorp vloei. Probeer uitvind:

- aan watter rivierstelsel die rivier behoort.

- waarvoor die water van die rivier gebruik word.

Die riviere van die RSA

Atlantiese Indiese10111213141516171819222021435216987

  • Johannesburg

LSMBN

Die Oranjerivierstelsel
Die Limpoporivierstelsel
Riviere vanaf platorand na kusvlakte

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;

inligting kategoriseer;

'n indeks gebruik om plekke op wêreldatlaskaarte te vind;

deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP

Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en –begrip te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 belangrike fisiese kenmerke van Suid-Afrika identifiseer en beskryf;

2.2 die skakels tussen natuurlike hulpbronne en ekonomiese bedrywighede identifiseer;

2.3 maniere waarop die fisiese omgewing menslike bedrywighede beïnvloed en hoe menslike bedrywighede die fisiese omgewing beïnvloed, beskryf.

Memorandum

W

Van platowoud afdraend na see

Droog – min reën en berge

Daal van plato na kus

Limpopo – baie takriviere

Botswana, Zimbabwe

Vloei vinnig van baie hoog na kus – baie erosie

Besproeiing, drinkwater, elektrisiteit

W – min reën

Riviere van die RSA

Oranje

Caledon

Vaal

Harts

Wilge

Oranje

Groot Marico

Krokodil

Limpopo

Olifants

Komati

Pongola

Tugela

Groot Kei

Keiskamma

Groot Vis

Sondags

Gamtoos

Gouritz

Breë

Berg

Olifants

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask