<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 5

SO MAAK MENS

Module 8

PLIGTE; BYWOORDE; VOORNAAMWOORDE

Julle het reeds in ander leerareas (bv. Lewensoriëntering) kennis gemaak met die regte en pligte van leerders soos dit in ons land se grondwet opgeneem is. Dit is natuurlik baie belangrik dat julle van julle regte moet kennis dra. Dit is ewe belangrik dat julle ook moet weet wat julle pligte is. Ons het ook reeds heelwat geleer oor goeie maniere. Ons gaan daarby aansluit deur ook nou spesiale aandag te gee aan die pligte van leerders.

Dit beteken dat, hoewel julle bepaalde regte het waarna volwassenes moet omsien, julle ook bepaalde pligte het om na te kom. In graad 5 behoort elke leerder al te verstaan wat hierdie pligte is en watter gesindheid nodig is om daaraan uitvoering te gee.

AKTIWITEIT 1

OM NA TE DINK OOR LEERDERS SE PLIGTE

[LU 5.1.3]

Lees nou eers die volgende 12 pligte op die volgende bladsy met aandag deur: Jou opvoeder sal ekstra tyd toelaat sodat jy weer na die onderskeie pligte kan kyk en oor die betekenis daarvan kan dink.

AKTIWITEIT 2

OM TAAL DENKEND VIR INTERPERSOONLIKE KOMMUNIKASIE TE GEBRUIK

[LU 2.1.1]

OM IDEES TE DEEL EN MENINGS TE LUG OOR MINDER BEKENDE ONDERWERPE [2.1.3]

OM BEURTE TE NEEM, BY DIE ONDERWERP TE HOU EN NA ANDER TE LUISTER [2.2.1]

Hier volg vyf vrae wat na die pligte verwys. Julle moet dit in julle groepe gaan bespreek (een vraag per groep). Maak jou eie aantekeninge van julle groeplede se gedagtes en standpunte. Na afloop van julle bespreking moet julle een persoon in julle groep aanwys wat aan die klas sal terugrapporteer.

Pligte 1 en 10: Is daar ‘n verskil tussen leer en opvoeding?

Plig 2: Watter grootmense? En hoe?

Pligte 3 en 9: Wie is “ander”?

Pligte 5, 6 en 7: Hoe belangrik is “ek”? Wat beteken “saam”?

Pligte 11 en 12: Hoe verskil ander van my? Mag hulle verskil?

AKTIWITEIT 3

OM ‘N PARAGRAAF UIT ‘N KERNSIN TE ONTWIKKEL

[LU 4.4.3]

a) Soek enige EEN van die pligte uit waaroor jy graag iets wil sê. Skryf eers die plig in die spasie hieronder. Begin dan ‘n nuwe paragraaf en skryf ten minste 60 woorde oor daardie plig. Dit kan meer as een paragraaf wees.

My plig:

b) Onthou om jou persoonlike spellys aan te vul.

AKTIWITEIT 5

OM VAN DIE VOORNAAMWOORD TE LEER

[LU 6.2.15]

a) Die persoonlike voornaamwoord

In graad het jy geleer dat ‘n mens nie ‘n persoon se naam aanmekaar herhaal as jy van hom/haar of met hom/haar praat nie. Dit is verkeerd om soos volg te praat:

Riaan vra of Riaan maar ‘n toebroodjie kan kry, want Riaan is honger.

Dit moet wees:

Riaan vra of hy maar ‘n toebroodjie kan kry, want hy is honger.

Vul die regte persoonlike voornaamwoorde in die volgende sinne in:

Die dominee kry swaar, want _ is nie juis fiks nie. Ons

sal _ moet help.

_ weet nie waar my potlood is nie.

Mamma is haastig, want _ is laat.

My sussie kruip weg en ek soek na _ .

Ons het ons teenstanders geklop, want _ was beter as

_.

(vii) “Danie en Fanie, _ moet opskud! Ek wil ry.”

b) Die besitlike voornaamwoord

Dit is ‘n woordjie wat aandui wie iets het of besit, byvoorbeeld:

Dit is haar boek; die boek is dus hare.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask