<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en stelsel

Verskillende vorme van energie

Opvoeders afdeling

Memorandum

1. Kyk of die leerders die volgende kernpunte begryp (dus nie bloot ‘n opsomming van die eerste paragraaf van die handleiding nie):

  • die hitte kom deur die venster in
  • die skerm vermeerder die hoeveelheid lig wat inkom
  • die blink binne-oppervlak verhoed verlies deur strale en geleiding
  • so ook die opgestopte kante
  • die swart buite-oppervlak verhoed uitstraling

2. Hierdie is ‘n geleentheid vir leerders om self te dink hoe om die toestel verder te verbeter, bv. gat waarin ‘n termometer styf pas sodat die bol aan die binnekant is, maar die skaal aan die buitekant leesbaar is. Hoe ookal, dit moet nie nodig wees om die deur te moet oopmaak nie.

3. Aanvaar die leerders se lesings.

4. Bv. sonpanele, vensters van huis wys na die sonkant (noord in SA), wasgoed droog (i.p.v. tuimeldroër wat krag verbruik), bou swembad op plek waar nie te veel skaduwee is nie, laat brooddeeg in son rys, ens.

Byvoorbeeld:

1. Van Rooyen sê in ander lande waar windkrag ingespan word, was daar heelwat voëlvrektes. In Kalifornië, Amerika, vrek tot driehonderd voëls elke jaar op die sogenaamde windplase. By die Alatamontpas in Kalifornië in Amerika is net 13% van die turbines verantwoordelik vir vrektes.

Scott sê in die buiteland is daar meer voorvalle omdat daar baie meer turbines opgerig word as in Suid-Afrika.

2. Min bedreig.

3. Laat leerders hul inligting in die tabelle voordra en laat klasbespreking toe.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om twee voorbeelde van bewegingsenergie te ondersoek en te kan beskryf [lu 1.2, lu 1.3]

  • WINDKRAG

Die berig wat volg het in Rapport van 5 Januarie 2003 verskyn.

Voëlliefhebbers is bekommerd oor voëlsterftes by ander windkrag-turbines wêreldwyd. Mnr. Chris van Rooyen van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe het egter die versekering gegee dat dié windkrag-eksperiment naby Darling nie ‘n werklike bedreiging vir die voëllewe inhou nie.

Lees die berig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Windkrag Bedreig Voëls Nie

Suid-Afrika se eerste windkrag-eksperiment hou nie werklik ‘n bedreiging in vir die voëllewe nie.

Dié versekering kom van mnr. Chris van Rooyen van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe nadat voëlliefhebbers internasionale statistieke opgehaal het oor voëlsterftes naby windkrag-turbines.

Eskom het in Augustus verlede jaar twee massiewe turbines – elk sowat 60 m hoog, met drie lemme – so lank soos tennisbane wat 3 t weeg – naby Darling aan die Weskus opgerig.

Die turbines is deel van navorsing om te bepaal of dit haalbaar is om elektrisiteit deur windkrag – ‘n hernieubare energie wat geen besoedeling meebring nie – te voorsien.

Die turbines lewer altesame skaars 3,2 MW krag.

Van Rooyen sê in ander lande waar windkrag ingespan word, was daar al heelwat voëlvrektes. In Kalifornië, Amerika, vrek tot driehonderd voëls elke jaar op die sogenaamde windplase.

Maar hy sê dis hoofsaaklik windturbines wat swak ontwerp of verkeerd geplaas is wat voëlvrektes veroorsaak.

“Voëls vlieg net in die turbines in wanneer die installasies in die pad van die voëls se vliegroetes gebou word. Daarom is navorsing eers gedoen voordat die Eskom-turbines gebou is,” sê hy.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask