<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 6

Uitdrukking en kommunikasie

Module 7

Om ‘n bepaalde ritueel na te vors

Dans

  • Dans is een van die oudste vorms van uitdrukking en kommunikasie. Dans is gebruik vir ‘n verskeidenheid van redes, vanaf die vroegste tye deur middel van rituele, soos oorlogsdanse, geestelike danse en om die lewe te verheerlik, soos troues, geboortes en kronings. Belangrike gebeure in die geskiedenis word deur dans uitgebeeld. Die waardes, gelowe en tradisies van kulture word weerspieël in danse en van generasie tot generasie oorgedra. Dans is gedurig besig om te ontwikkel en verander met nuwe invloede van die gemeenskap en individuele kunstenaars.
  • In hierdie module word jy gelei om ‘n verskeidenheid vorms van kommunikasie en uitdrukking in dans te analiseer en te gebruik in jou eie danse en jy sal in staat wees om dansrituele na te vors, uit te toets en te verduidelik.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n bepaalde ritueel na te vorsen die bewegings met musiekbegeleiding te demonstreer

[lu 4.1]

  • ‘n Ritueel is die voorgeskrewe of vasgestelde vorm van ‘n godsdienstige of ander seremonie en sluit in algemene of saamgestelde voorgeskrewe vorms wat verduidelik kan word as stereotipe aktiwiteite en enige formele aktiwiteit, instelling of prosedure wat deurentyd gevolg word in godsdienstige, sosiale of ander rituele.

Voorbeeld : Reëndanse, oorlogsdanse, troues, begrafnisse,bediening van die nagmaal, doopplegtighede, ens.

  • Oefening

Vors ‘n huweliksritueel na en demonstreer die bewegings betrokke by die geselekteerde ritueel. Gepaste musiek kan gekies word om jou dans te begelei.

Aktiwiteit 2:

Om vir rituele dansoefeninge op te warm

[lu 4.1]

  • Voordat jy kan begin om jou dans te skep, moet jou liggaam goed opgewarm word om beserings te voorkom en jou voor te berei op die aktiwiteite wat gaan volg.
  • Die opwarming kan met musiek gedoen word. Kies musiek waarmee jy gemaklik voel en wat nie te vinnig is nie.
    • Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, arms langs jou sye.
    • Asem in deur jou neus, lig jou arms bo jou kop.
    • Asem uit deur jou mond, laat sak jou arms en buig jou knieë terselfdertyd.
  • Herhaal vier keer.
  • Beweeg van kant tot kant op een plek.
  • Lig albei arms op en uit na die kante op maat van die musiek terwyl jy nog steeds van kant tot kant beweeg op een plek (herhaal agt keer).
  • Hou beweging – laat sak jou arms – draai skouers om die beurt (herhaal agt keer).
    • ou beweging – draai skouers in die ander rigting (herhaal agt keer).
  • Buig en maak knieë reguit – stoot boude uit – knieë en voete wys vorentoe (herhaal agt keer).
  • Buig knieë – knieë en voete wys vorentoe – boude uit – sit hande op knieë – trek rug op (soos ‘n kat) en ontspan) (herhaal agt keer).
  • Bly in vorige posisie – lig tone alternatiewelik – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).
  • Lig hakke om die beurt (herhaal agt keer).
  • Maak bene wyer oop – sit jou hande op jou heupe – voete en knieë wys na buite – strek van kant tot kant – hou voete stewig op die vloer (herhaal agt keer).
  • Strek (“lunge”) na regs en hou strek vir vier tellings.
  • Strek na links en hou strek vir vier tellings.
  • Kom terug in pliè - posisie (knieë gebuig, knieë en voete wys na buite) – hande op heupe – buig en maak knieë reguit (herhaal agt keer).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask