<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 9

Module 7

‘n brief aan die pers

Aktiwiteit 1:

Om ’n persbrief te kan skryf

  • Nie alle diere is altyd ’n plesier nie.
  • Lees bv. van die sonde wat ’n mens met ’n hond kan hê.

Sonde met die hond moet einde kry – hof

Antoinette Pienaar

’n Inwoner van ’n deeltitelkompleks in Moreletapark is met ’n hofbevel in die Pretoriase hooggeregshof gelas om ontslae te raak van haar aggressiewe hond wat heeltyd blaf en mors.

Me. Tanya Grobler se bure kla al sedert Julie 1999 dat die kompleks se tuindienste nie by haar “donkerkleurige baster wolfhondreun” kan verbykom om hul gras te sny nie.

Die “uiters aggressiewe” hond blaf glo aanhoudend sonder rede en los merke waar hy teen mure opspring.

Sy ontlasting word glo ook nie opgetel nie. Dit het luidens hofstukke ’n stank gelaat en brommers gelok wat ’n gesondheidsgevaar skep.

“As gevolg van die hond se aggressie, weier die tuindienste om Grobler en haar aangrensende bure se tuine te versorg. Sy het ook nie in terme van die kompleks se gedragsreëls aansoek gedoen om ’n hond aan te hou nie,” lui die hofstukke.

Die inwoners het haar reeds in Januarie verlede jaar gevra om van die hond ontslae te raak. Sy het nie op die versoek, óf ’n prokureursbrief, gereageer nie. Ingevolge die hofbevel moet sy binne 48 uur nadat die bevel op haar beteken is vir die hond ’n ander heenkome kry, anders word die balju gemagtig om die hond aan die Dierebeskermings­vereniging te oorhandig.

Uit: Beeld, Januarie 2002

  • Verbeel jou jy het ’n soortgelyke probleem met ’n buurman se troeteldier. Skryf ’n brief aan die pers waarin jy jou lot bekla.
  • Die eerste sin moet dadelik na die betrokke saak verwys.
  • Probeer om ander lesers uit te daag om ook aan hierdie bespreking deel te neem.
  • Jou slotsin moet humor bevat, jou laaste vuishou wees of dit moet die inhoud saamvat.
  • Skuilname is eintlik uit die mode.
  • Die brief moet soos volg lyk:

Die RedakteurDie BurgerPosbus 234Kaapstad 8000

(laat een reël oop)

Geagte Heer

(laat een reël oop)

Sonde met die diere

(Laat een reël oop)

PARAGRAAF

PARAGRAAF

PARAGRAAF

Die uwe Moeggesukkel

(laat een reël oop)

M. PretoriusBergsigstraat 13Pretoria2000datum

  • Skryf 100 tot 150 woorde oor die onderwerp en plaas die finale produk in jou portefeulje.
LU 4.2

Aktiwiteit 2:

Om bepaalde taalaspekte te bemeester en toe te pas

  • Gebruik die vorige leesstuk en beantwoord die volgende vrae.
  • Skryf die volgende sinne in die lydende vorm.

1. Die hond los merke waar hy teen die mure spring.

2. Sy het nooit sy ontlasting opgetel nie.

3. Dit het ’n stank gelaat.

  • Verskaf die meervoudsvorm.

1. hooggeregshof

2. balju

3. uur

4. bevel

  • Maak ’n sin met die homofoon van die volgende woorde.

1. moet

2. weier

3. mure

  • Maak ’n sin met die homoniem van.

1. die hofstukke lui.

2. die hof las jou om iets te dien.

  • Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies.

1. Daar bestaan ’n gesondheidsgevaar. Die hond se ontlasting word nie opgetel nie. (want)

2. Sy doen niks omtrent die hond nie. Die bure het al baie gekla. (alhoewel)

LU 6.1

Aktiwiteit 3:

Om te toets of bepaalde taalvaardighede bemeester is deur foute te identifiseer en te korrigeer

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask