<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • My behoeftes
  • My begeertes
LU 4.1.3

Luister terwyl jou opvoeder die volgende leesstuk vir julle hardop voorlees. Daarna kan jy en jou maat langs jou dit vir mekaar voorlees. Julle kan mekaar help met die korrekte uitspraak van woorde. Raadpleeg ook die lysie van “Nuwe Woorde” as jy twyfel oor die betekenis van ‘n woord.

NUWE WOORDE
ruilhandel bartering or trading
voorsien Provide
bevolking Population
afstande Distances
gemeenskap Community
kweek kos grow food
wewer Weaver
verbou koring grow wheat
waardevol Valuable
varke aanhou keeping pigs
sekere hoeveelheid certain quantity
linne Cloth

7. Begripstoets.

Duisende jare gelede het mense dieselfde behoeftes gehad as wat ons vandag het, maar daar was nog nie geld om die basiese kos mee te koop nie. Daarom het die mense in hul behoeftes voorsien deur middel van ruilhandel.

In daardie dae was die bevolking van die wêreld baie kleiner as vandag. Dorpe en gemeenskappe was ook kleiner. Die afstande tussen dorpe was ook baie kleiner en dit was nie ver om na ‘n ander dorp te reis nie.

Wanneer mense nie genoeg kos vir hulle eie behoeftes gekweek het nie, was dit maklik om iemand te kry wat kos vir iets anders sou ruil.

‘n Ruiltransaksie sou so kon lyk:

‘n Boer wat koring verbou, neem van sy koring na ‘n man wat varke aanhou. Die man met varke het koring nodig vir meel om brood te bak vir sy familie. Hy ruil dan die vark vir ‘n sekere hoeveelheid koring.

Wanneer die boer weer by die huis kom, slag hy die vark en hou genoeg vleis vir sy familie se behoeftes. Die res neem hy na die wewer vir ‘n verdere transaksie. Hy het ‘n stuk linne nodig en verruil dit dan vir die orige varkvleis. Dinge wat skaars was, is vir waardevolle items geruil. ‘n Diervel sou byvoorbeeld geruil kon word vir spesiale krale.

Beantwoord nou die volgende vrae:

Vul die ontbrekende woorde in:

  1. Duisende jare gelede het mense dieselfde __________gehad aswat ons vandag het.
  2. Daar was nog nie ___________nie en hulle het kos in die hande gekry

deur middel van___________________ .(3)

Skryf nou twee dinge neer wat baie kleiner was as wat dit nou is.

(2)

Kies die regte antwoord en onderstreep dit.

  1. Die boer het sy koring vir (vleis, groente, vrugte) geruil.
  2. Die man wat varke aangehou het, het meel nodig gehad om (koek, brood, beskuit) vir sy familie te bak.

(2)

Hoekom het die boer die orige varkvleis na die wewer toe geneem?

(1)

Die volgende stellings is onwaar. Skryf dit sodat dit waar is.

  1. ‘n Wewer maak klere.
  2. Dierevelle was volop.

(2)

Assessering deur opvoeder TOTAAL (20)

LU 3.1.1 LU 3.1.2

8. Mondeling

Nou is dit julle beurt! Verdeel in groepe van drie elk en verplaas julleself na duisende jare gelede voordat geld bestaan het. Besluit wie die koringboer is, wie varke aanhou en wie die wewer is. Rolspeel dan sommer die ruilhandeltransaksies waarvan julle nou gelees het.

As daar genoeg tyd is, kan julle ‘n bietjie meer handeldryf. Gebruik sommer die inhoud van julle potloodsakkies of pennehouers. Miskien wil jou maat graag jou goue pen “hê”. Wat wil jy in ruil hê daarvoor? Onderhandel met mekaar en besluit watter items is waardevoller en watter het min waarde.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask