<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hier sien ons vier soorte sinne:

  • Die stelsin : ( om iets te sê ) Ek wil graag meer sakgeld hê.

‘n Stelsin het ‘n punt aan die einde.

  • Die vraagsin : ( om ‘n vraag te vra ) Waarmee gaan ons die huishuur betaal?

‘n Vraagsin het ‘n vraagteken aan die einde.

  • Die uitroepsin : ( om gevoelens uit te druk ) Eina, my skoene druk my tone!

‘n Uitroepsin het ‘n uitroepteken aan die einde

  • Die bevelsin : ( om ‘n bevel te gee ) Julle moet minder bel!

‘n Bevelsin het ‘n uitroepteken aan die einde.

Mense se name word met hoofletters geskryf. Ons noem dit eiename . Name van plekke, strate, skole, koerante en tydskrifte is ook eiename en word dus ook met hoofletters geskryf.

NAME Mabel
VANNE Jones
PLEKKE Gauteng; Garieprivier; Kaapstad
SKOLE Laerskool Lekkerland
STRATE Blomstraat; Roosland
KOERANTE EN TYDSKRIFTE Die Burger; Die Huisgenoot
DAE VAN DIE WEEK Sondag; Woensdag
MAANDE VAN DIE JAAR Februarie; Augustus

Skryf die volgende sinne oor met die nodige hoofletters en ook die ontbrekende leestekens aan die einde van die sinne:

  1. hou op om so te skree
  2. eina mansu, jy trap op my toon
  3. lewer john williams die burger in boomstraat af
  4. oppas michelle, jy gaan val
  5. is susan thomas in die laerskool jakaranda
  6. daar is ‘n foto van tafelberg op die voorblad van die huisgenoot
  7. ek is ‘n burger van suid-afrika
  8. joshua mesele woon in maputo, die hoofstad van mosambiek
LU 6.2.15

Alle huishoudings het basiese behoeftes, of hulle nou ryk of arm is. Ons het almal kos, klere en blyplek nodig. Behoeftes is die dinge wat ons nodig het om te oorleef (survive). Kyk ‘n bietjie na hierdie inkopielys en onderstreep al die items wat behoeftes is :

5. Mondeling en skriftelike werk.

Jy en ‘n maat gaan saamwerk vir die volgende aktiwiteit. Skryf nou ‘n dialoog oor die volgende situasie. ‘n Baie ryk persoon wil graag die straatkinders help. Hierdie persoon gesels met een van die straatkinders om uit te vind hoe hy met hulle behoeftes kan help.

Die volgende vrae kan gevra word:

RP (ryk persoon)

SK (straatkind)

Ryk persoon: Wat is jou naam?

RP: Hoe oud is jy?

RP: Waar kom jy vandaan?

RP: Hoe oud was jy toe jy op straat begin bly het?

RP: Hoekom het jy ‘n straatkind geword?

RP: Hoe kry jy elke dag kos in die hande?

RP: Waar slaap jy?

RP: Wat doen jy in die winter om warmer te slaap?

RP: Ek wil jou graag help om ‘n beter lewe te ly. Elke mens het basiese

behoeftes. Ek dink die eerste behoefte waarmee ek jou kan help, is:

LU 2.1.1 LU 4.3.1

Indien julle opvoeder dit toelaat, kan julle aantrek vir hierdie rolspel. Probeer om julle rolle ook met lyftaal en gesigsuitdrukkings te vertolk!

Partykeer wil mens dinge hê wat jy nie regtig nodig het nie. Ons noem dit ‘n begeerte . Ons kan ook sê jy wens jy kan iets kry.

Die verskil tussen ‘n begeerte en ‘n behoefte is die volgende:

  • ‘n Behoefte is iets wat jy nodig het .
  • ‘n Begeerte is iets wat jy graag wil hê .

Skryf die korrekte Afrikaanse woorde langs die Engelse woorde:

  • A need: ‘n ____________
  • A desire: ‘n______________

6. Skriftelike werk.

Skryf ‘n paragraaf oor elk van die volgende:

Let op na die punktuasie en woordorde van jou sinne. Vergelyk jou poging met die kontrolelys.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask